Friday 1 September 2017

JESUS CHRISTUS







JESUS  CHRISTUS 


JESUS  het nóóit 'n tempel gebou nie, en tóg is daar vandag géén land waar mense *níé* aanbiddend voor Hom staan nie.
JESUS  het nóóit 'n boek geskryf nie, maar Sy wóórde, Sy dáde en gebéde, lees mense nou dwársoor die wêreld, in dúísende tale.
JESUS  het géén boedel nagelaat nie, en *tóg* is daar míljoene mense oor die wêreld, wat erfgenáme van Sý rykdom is.
JESUS  het mense *sónder* medisyne gesond gemaak, en níks vir sy dienste gevra nie.
JESUS  het nóóit 'n kollege of universiteit opgerig nie, maar ál die inrigtings, tesáme kan nie spog met *méér* studente as wat Hý het nie.
JESUS  het nóóit sielkunde bestudeer nie, maar het meer gebróke harte geheel as *ál* die sielkundiges van die wêreld.
Toe  JESUS  'n baba was, het Hy 'n kóning ontstel.
Toe  JESUS  'n kind was, het Hy teologiese doktore verstóm.
Toe  JESUS  'n man was, het Hy álmal om Hom verstom.  Hy het die natúúr getem.  Hy het op die gólwe van die see geloop asof dit 'n sýpaadjie was, en die storm stil gemaak.
JESUS  het siekes gesónd gemaak, dowes wéér laat hoor, blindes weer laat síén en dooies weer laat léwe.
Toe  JESUS  gekruisig is, het Hy úít die dood ópgestaan.
En *vándag* ken ons vir  JESUS  as ons Héér, ons Verlósser en ons Sáligmaker, en ons sê: "Dánkie-dánkie-dánkie dierbaarste Hemelse Vader!"


Dánkie  vir *Ú* LÍÉFDE - vir U Seun,  JESUS  CHRISTUS!!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook



(a) As u Daelikse Woord boodskappe per epos wil ontvang, stuur asb vir my u naam + van en eposadres per FB inboks.


(b) As u die boodskappe per Whatsapp wil ontvang, stuur vir my u naam + van en Whatsapp nommer per FB inboks, OF WhatsApp dit vir my na:  079 32 45 45 6.


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1442510069165361/?type=3&theater



 


No comments: