Saturday 16 September 2017

OM VIR GOD TE SOEK







OM  VIR  GOD  TE  SOEK


Julle sal My soek en vind.  -  Jer. 29:13 (OV)


Vandag is 'n ontdekkingstog - ek gaan vir GOD soek!


Om God te soek en Sy seëninge te geniet, beteken nie dat ek die hele dag op my knieë moet deurbring nie.  Ek wandel in SY lig, en HY wandel saam met my, en so ver ons so saam wandel, sien ek met ander oë die mooie en die goeie om my raak.


Ek sien die wónder van SÝ liefde in die oë van my geliefdes en sélfs my troeteldiere.  In die blomme en die bome om my - in *ÁLLES* wat hierdie wêreld saam met my bewoon, ontdek ek SÝ  stralende lig en liefde en lewenskrag.


Ook SY skoonheid weerspieël in 'n ásemrowende mooi sonsondergang en gaan nie ongesiens by my verby nie.  In die ságte briesie voel ek SY tére aanraking.  Ek ruik Sy wóndersoete aroma aan die blomme wanneer ek loop deur die veld.  In die geluide van die seevoëls hoor ek SÝ stem en in die  geluid van die branders wat heen-en-weer rol.


Voor die gedreun en gerammel van 'n donderstorm, staan ek stil en eerbieding voor die gróótsheid van Sy KRÁG en ÁLMAG, en wánneer die nag sy donker-fluweel kleed oor die aarde vou, sê ek dánkie vir SÝ orde wat heers oor alles heen, weerspieël in die maan én die sterre wat die hémelruim versier.


Gebed:  Vandag het ek vir U gesoek Dierbare Heer en ek het U gevind in *ÁLLES* wat mooi en goed is om my.  Dánkie, Abba Vader, dat U toegelaat het dat ek *Ú* vind.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


No comments: