Sunday 3 September 2017

'N MÉÉSTERSTUK







'N  MÉÉSTERSTUK


Dit is die dag wat die Here gemaak het;  laat ons daaroor juig en bly wees.  -  Ps. 118:24


VÁNDAG  is 'n geskenk van GOD - dis 'n skilderdoek waarop ons twee saam 'n meesterstuk kan skep.


Vandag is úniek.  Dit hét nog nooit bestaan nie, en sal ook nooit wéér bestaan nie.  Dit is 'n onskátbare, éénmaal-in-'n-lééftyd geleentheid om in élkeen van die 1440 minute in 24 uur, my HEER te vind en die wónder van ons saam-wees ten vólle te benut.


Met die tóéwyding waarmee ek hierdie dag, en die oomblikke wat daarin opgesluit is, benader, gaan ek húlde bring aan  HÓM  wat dit aan my geskenk het.  Met woorde van líéfde en ómgee, met dáde van deernis en hulp, gaan ek élke oomblik vul.  En elke geskenk-oomblik gee my *nóg* 'n geleentheid om sterk te staan in GÓD se krag, om gemóédsrus te laat seëvier oor kommer en líéfde te laat seëvier oor vrees, en blýdskap oor terneergedruktheid.


Vándag skep my Heer en ek saam 'n *méésterstuk*, en aan die einde van hierdie wondermooie dag, gaan ek dit raam met 'n gebéd van wáárdering op my knieë voor Hom.


Gebed:  Ek geniet vándag as 'n *méésterstuk* van God se skepping.  In Jesus Naam.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook


(Hierdie boodskappies is beskikbaar op WhatsApp en/of epos.  Inboks my net u naam en van met selnommer of epos adres).



 


No comments: