Tuesday 12 September 2017

EK KÁN!







EK  KÁN!


Het  Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?  -  Joh 11:40 (OV)


Toe ons nog kinders was, is daar vir ons stories voorgelees of vertel van heldedade – stories van mense wat geseëvier het oor die grootste uitdagings denkbaar.   Selfs vándag nog wek hierdie stories gevoelens van móéd en vertróúe by die lesers daarvan, klein én groot.


Kóm ons staan dan vandag in ons gemoed, stérk, fíér en régop, en sê met tróts as Jesus-kinders:  “Mét God, kán ek!”   Dit is eenvoudige maar *báie* kragtige woorde wat ons só gebruik.   ‘n Dínamiese, dááglikse bevestiging van *léwe spreek* wat ons stééds daaraan herinner dat ons met ‘n onwríkbare geloof in die *krág* van God, tot álles in staat is.   Ons *kán* sterk wees want ons het 'n baie *stérke* God!   Ons kán doen dit wat gedoen móét word!   Ons kán álles wees wat ons graag wil wees, en nog báie meer!   Ons kán!  Ons kán!


Ons kán sorg vir die *vóórtbestaan* van die verkondiging van Sy Woord tesáme met ons familie- en Christen-vriendekringe (in die wérklike lewe en óók aanlyn), en *só* ‘n tempel van lig vorm wat ons land en ons wêreld oordek!   Ons kán elke dag saambid, die Here loof *én* prys.  Ons kán vasstaan in ons geloof dat die *héérlikheid* van God sál seëvier oor alles, wat vandag nog só duister mag lyk.   Ons kán!   Dánkie dierbare hemelse Vader!   Ons kán!


Gebed:  Met *Gód* aan my sy is níks onmoontlik nie en ek kán alles!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus Bediening / Facebook




 


No comments: