Saturday 31 October 2015

Hoé *wónderlik* om bly te kan wees!









Hoé *wónderlik* om bly te kan wees!


Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.  Die heerlikheid wat ons uitstraal, neem steeds toe. -  2 Kor. 3:18


Die woorde: *“Ek is vrolik en bly”*, is ‘n wonderlike manier om mens self op te hef en ‘n diep siele-blydskap in jouself te laat oorneem.  Ek is vrólik en bly, want ek ontvang dit uit die Brón van vreugde diép in my wese.  Die Here is heerlikheid vúl my liggaam en siel en seën my.


Soos ‘n fóntein van léwende water is die Brón van vreugde en liefde wat in my diépste wese ontspring, en die tintelende blýdskap wat ek weerkaats, is tot seën van álmal se lewens met wie ek te doen mag kry.  Hiérdie Blýdskap is ‘n eienskap van my siel, áltyd daar om my stérk te maak en te hernú, om my áán te moedig en te óndersteun.


Vrólikheid is stimulerend, dit stimuleer mý en *álmal* om my na liggaam én siel.  Ek voel jónk, gesónd en léwenskragtig en sien vir álles kans.  Álles in my lewe verloop seepglád en daar is vréde in my wêreld.


Ek is vrólik en blý, en weerspieël die heerlikheid van die Hére!  My héle lewe is een gróót plesier, en die vrólike gelag wat uit my hárt weerklink, is só aansteeklik dat ander sáám met my begin lag! 


Dínk net as ons *álmal* hiérdie vreugde-fontein waarmee Jesus ons aanraak, déél met mekaar – watter wónderlike plek sal die wêreld en sý mense net nie wees nie!  En  *hóé*  bly sal Koning Jésus net nie wees nie, want het Hý dan nie gesê dat ons in  *ALLES*  moet bly wees nie!


Gebed:  Dánkie liefdevolle Jésus vir nog ‘n daggie wat Ú aan mý lewe gelas het en dat ek vrólik en blý kan wees in álles wat my lewe aangaan.  Baie dankie vir hierdie kósbare gawes.




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~



  Konings dogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Friday 30 October 2015

Hoe *wéét* ek?








Hoe  *wéét*  ek?




Jy vra my hoe ek *wéét* dat Christus

nog leef en wandel saam met die mens?

Vándag het ek Hom gesien in die hárt

van iemand wat wéér geglimlag het,

ná lang leë dae van hartseer en verdriet.

Trane van hélende krag en liefde,

het  *lig* gebring in ‘n stúkkende siel –

*Tóé* het ek vir Christus gesíén!




Hoe *wéét*  ek dat Christus nog liefhet

soos Hy in Gálilea lief gehad het?

Ek het Sy ságte liéfdevolle oë sien

rus op ‘n slápende kind;

deur die líéfde van ‘n móéder

is Sý liefde weerspieël:

Jý is ‘n kind van Gód”, het sy vol deernis gesê.




Hoe *wéét* ek dat Christus uitgestyg het bó

die kruis en pýn van Gólgota?

Ómdat Hy léwe en líéf het en óphef,

vir jóú en vir my,

en nog stééds lei en glímlag en seën!




*Dít is hóé ek weet!*




~ PM Moore aangepas ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Thursday 29 October 2015

Mý Lewensredder loop op Wáter!







Mý Lewensredder loop op Wáter!


Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees?  - Ps. 27:1


Die Mán oor wie die éngele gejuig het – die Mán oor wie daar oor die wêreld heen in Desember ‘n lied weerklink wat die blydskap van die mens weerspieël oor Sý koms na die aarde: “Júíg die Redder is daar!”  Die Mán aan wie lof betoon word veral deur ons jongmense met:  “My Lewensredder loop op Water!”  Híérdie Man is deur die méns gekruisig, maar, wonder bo wonder, die Kruis is léég - Hy hét opgestaan, Hy is Jesus Christus, óns Lig en ons Rédder vandag nog méér as óóit tevore met dánkbare volgelinge dwársoor die wêreld.  Hy ÍS:   JÉSUS  CHRISTUS, ons LÍG en ons RÉDDER.


Ons wandel in Sý lig van dag tot mooie dag, en as ons skielik voor ‘n versperring in die pad kom, is ons nié bang nie, want ons RÉDDER is daar!


Wanneer ons by tye voel dat die las net té groot is, die séér net TE diep, en ons nie verder kan nie – dink ons maar net één gedagte: “Maar my Rédder is hiér, en in Sý lig sal ék ook die lig sien!”  Met liéfde, vertróúe en vólle geloof gee ons Hóm ál ons kommer en sorge, en met ‘n liéd in ons hart gaan ons dan weer blymoedig voort op ons pad in Sý lig!


Hý wat opgestaan het uit die dood – Hy is mý en jóú Rédder, en hóé meer ons onsself aan hierdie waarheid herinner, hóé mákliker sal dit wees om te laat los, en Hóm te laat oorneem in álles wat ons lewens aangaan!


Gebed:  Ú Heer, is my Lig en my Rédder – daar is NÍKS wat ek vrees nie!




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






Wednesday 28 October 2015

God maak *óns* hand oop!









God maak   *óns*  hand oop!


U maak my hand oop, hulle word versadig met die goeie.  -  Psalm 104:28 (OV)


In die stralende glans van God se drie diamante:  lig, liefde en krag, word ons geseën met oorspronklike idees, skeppende energie en grenslose geleenthede tot verdere groei en voorspoed in ons lewens.  God géé dit nie net vir ons of wág dat óns dit uit sý hand uit haal nie.  *Hy máák eintlik ons hand óóp om dit sélf vir ons te gee!*


Wanneer ons bid, word ons ontvanklik vir nuwe idees wat ons tot ons eie heil kan toepas in ons lewens.  Met ons gedagtes áltyd oop vir God se lig en leiding, dra alles wat met ons gebeur by tot ons geestelike groei en uiterste beswil.  Énigiets of énige gedagte wat ons in die geringste mate laat twyfel aan Sý liefdevolle sorg, vernietig ons ónmiddellik in die die lig van Sy liefde en krag.


Ons gebruik die goeie gawes wat God aan ons gee, want hy gee ons nét goeie gawes.  En ons ondervind voorspoed op elke gebied van ons lewens:  ons is gesónd, lewenslústig, gelúkkig en suksésvol.  Vir hierdié sukses wat ons behaal, die gesondheid en lewenskrag wat ons ervaar, die liefde en lig wat ons lei, sê ons reeds nou terwyl ons hier lees, en vir ewig, dankie-dankie-dankie dierbáre Vader!


Gebed:  Dankie Here, vir  ÁLLES wat Ú vir my gee Élke dag van my lewe!




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~





  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








Prayer for my husband's hands
















Monday 26 October 2015

Geloof









GELOOF


Laat ons styf vashou aan die geloof wat ons bely, want God is getrou.  -  Hebr. 10:23


As ek so stil sit langs ‘n stroompie water, tref dit my opnuut hoe geloof nét soos ‘n waterstroom is.  Soms mag ek vol geloof wees, ander tye weer nie so heeltemal vol nie, maar dit hou aan met vloei, altyd besig om my te onderskraag en met moed en durf te vul.


Soms mag my lewe rustig en stil verloop, en ander tye weer kan dit verander in een gróót krisis wat my tótaal omvergooi, maar deur dit alles heen gee my geloof my die moed en krag om áán te hou met áánhou, soos die stroom water wat maar net aanhou loop.  My gelóóf in God verseker my dat die lig áltyd skyn, *selfs* agter die dónkerste wolk – Hy hóór my roep en Hy lúíster.


Selfs die kleinste bietjie geloof is hééltemal genoeg om my te laat voortgaan op my pad van lig.  Ek glo Hy wat *in* my woon, stap saam met my op my lewenspad, en die geloof wat ek op ‘n spesifieke oomblik het, maak my sterk vir die volgende oomblik.  So blý my geloof aan die vloei in en deur élke oomblik van my lewe – voortvloeiend soos die waterstroom.


Gebed:  God *is* getrou - *dit* GLO ek!!!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








Friday 23 October 2015

God se liefde










God se liefde


Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:  sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.  -  1 Johannes 4:9


Hemelse Vader,


Ek loof U vir u
onvoorwaardelike, onbegryplike liefde vir my
wat U bewys het
deur u Seun vir my aan die kruis te laat sterf. 
Ek loof U dat U my liefhet,
al weet U presies hoe sleg en sondig ek is
en dat ek dit maar nie regkry
om u gebooie te gehoorsaam nie. 
Baie dankie dat ek niks hoef te dóén
om u liefde te verdien nie
omdat dit reeds myne is. 
Ek wil dit nou met albei hande vir my neem
en hierdie liefde ook vir ánder aanbied
deur hulle op dieselfde manier lief te hê. 
Gee dat u liefde vir my die basis sal vorm
van my liefde vir ander mense.


Amen


Nina Smit  :  Elke dag ‘n vreugdepad

  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







Thursday 22 October 2015

Leiding








Leiding



Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun.  -  Ps. 139:9-10  (Nuwe Lewende Vertaling)



Here, God almagtig, Skepper van hemel en aarde, op Ú plaas ek my vertroue.  U lig Heer, is mý lig – U liefde mý liefde, U krag mý krag.


Ság en téér lei U my in álles wat ek elke dag moet doen.  Dit kan kom na my  as ‘n ságte aansporing diép in my siel, as nuwe insig en begrip terwyl ek besig is om te bid, óf ‘n nuwe idee wat skielik by my opkom net daar waar ek besig is om te werk of om te ontspan.


Wáár ek ookal mag wees, woon of werk – Ú hand lei my veilig, Ú regterhand hou my stýf vas.  En as ek soms twýfel en wonder of ek nog op die regte pad is soos deur Ú bepaal, word ek stil in gebed, en U neem wéér oor en laat my siel wéér sing.


U leiding is ook nie nét vir my persoonlik nie Heer – dit is ook daar vir my medemens.  Laat  Ú líg en liéfde in en deur my óók die lewens van andere om my verryk en seën, Heer van my hart.


Gebed:  Die leiding van U liefde en lig weerspieël ek in my lewe om weer ándere se donker, klipperige pad te verlig en ook húlle hart ‘n loflied vir U te laat sing.



~ Daelikse Woord Aangepas ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Tuesday 20 October 2015

'n Stukkie persoonlike bederf










Hemelse Vader,


Die skoonheid van u skepping

slaan elke dag my asem weg.

Gee dat ek nooit daaraan gewoond sal raak nie,

maar dit elke dag opnuut as ‘n wonder sal beleef.

Ek wil U loof dat U van elke

verborge wens van u kinders bewus is,

dat  U dié mense wat hulle vreugde in U vind

se hartsbegeertes waar maak.

Dankie vir my jakaranda-ervaring in 2004,

dankie dat ek daarin u liefde en omgee vir my

op so ‘n persoonlike wyse kon beleef.

Help my om nooit onaangeraak te staan teenoor skoonheid nie,

maar om dit in elke afsonderlike stukkie van u skepping

raak te sien en U daarvoor te loof.

Here, hoe groot is U

dat U die wêreld so wonderlik gemaak het!




Nina Smit  :  Elke dag ‘n vreugdepad



Monday 19 October 2015

Gereed en gewillig








Gereed en gewillig


Jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou héle hart en met ‘n gewillige gemoed, want die Here ondersoek álle harte en ken die bedoeling van elke gedagte.  -  1 Kron. 28:9


Uit my eie ondervinding het ek geleer, hoe méér gewillig ek ‘n taak aanpak, hoe béter is die eindresultaat.  Met ander woorde, iets in my benadering beïnvloed die kwaliteit van dit wat ek lewer.  As ek gereed en gewillig is om iets nuuts aan te pak, of om iets beter te doen as ooit te vore, verloop alles sommer gladweg, en ek vóél ook goed omtrent die resultate.


Ek gaan my dus met ‘n  gewillige  hart wend tot my Heer.  Ek luister mooi en rustig na wat    vir my wil sê, want ek weet dat dít wat Hy vir my in gedagte het, is altyd die héél beste vir my, al stem dit nie altyd ooreen met dit wat ék in gedagte gehad het nie.


My gewilligheid om te luister, maak my oë oop vir die gróter plan, en wys my hoe verreikend en behulpsaam my dade kan wees.  Ek síén die grenslose moontlikhede voor my as ek wandel in Sy lig, en besef hóéveel beter dinge vir my en andere sal wees as ek Hom gewilliglik volg met ‘n liéd in my hart.


Gebed:  Ek is gereed en gewillig om Gods leiding te volg élke dag van my lewe!




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~




  Koningsdogters vir Jesus Page / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com