Wednesday 28 October 2015

God maak *óns* hand oop!









God maak   *óns*  hand oop!


U maak my hand oop, hulle word versadig met die goeie.  -  Psalm 104:28 (OV)


In die stralende glans van God se drie diamante:  lig, liefde en krag, word ons geseën met oorspronklike idees, skeppende energie en grenslose geleenthede tot verdere groei en voorspoed in ons lewens.  God géé dit nie net vir ons of wág dat óns dit uit sý hand uit haal nie.  *Hy máák eintlik ons hand óóp om dit sélf vir ons te gee!*


Wanneer ons bid, word ons ontvanklik vir nuwe idees wat ons tot ons eie heil kan toepas in ons lewens.  Met ons gedagtes áltyd oop vir God se lig en leiding, dra alles wat met ons gebeur by tot ons geestelike groei en uiterste beswil.  Énigiets of énige gedagte wat ons in die geringste mate laat twyfel aan Sý liefdevolle sorg, vernietig ons ónmiddellik in die die lig van Sy liefde en krag.


Ons gebruik die goeie gawes wat God aan ons gee, want hy gee ons nét goeie gawes.  En ons ondervind voorspoed op elke gebied van ons lewens:  ons is gesónd, lewenslústig, gelúkkig en suksésvol.  Vir hierdié sukses wat ons behaal, die gesondheid en lewenskrag wat ons ervaar, die liefde en lig wat ons lei, sê ons reeds nou terwyl ons hier lees, en vir ewig, dankie-dankie-dankie dierbáre Vader!


Gebed:  Dankie Here, vir  ÁLLES wat Ú vir my gee Élke dag van my lewe!




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~





  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








No comments: