Thursday 22 October 2015

Leiding








Leiding



Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun.  -  Ps. 139:9-10  (Nuwe Lewende Vertaling)



Here, God almagtig, Skepper van hemel en aarde, op Ú plaas ek my vertroue.  U lig Heer, is mý lig – U liefde mý liefde, U krag mý krag.


Ság en téér lei U my in álles wat ek elke dag moet doen.  Dit kan kom na my  as ‘n ságte aansporing diép in my siel, as nuwe insig en begrip terwyl ek besig is om te bid, óf ‘n nuwe idee wat skielik by my opkom net daar waar ek besig is om te werk of om te ontspan.


Wáár ek ookal mag wees, woon of werk – Ú hand lei my veilig, Ú regterhand hou my stýf vas.  En as ek soms twýfel en wonder of ek nog op die regte pad is soos deur Ú bepaal, word ek stil in gebed, en U neem wéér oor en laat my siel wéér sing.


U leiding is ook nie nét vir my persoonlik nie Heer – dit is ook daar vir my medemens.  Laat  Ú líg en liéfde in en deur my óók die lewens van andere om my verryk en seën, Heer van my hart.


Gebed:  Die leiding van U liefde en lig weerspieël ek in my lewe om weer ándere se donker, klipperige pad te verlig en ook húlle hart ‘n loflied vir U te laat sing.



~ Daelikse Woord Aangepas ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





No comments: