Friday 2 October 2015

Knoop jou hoop aan God vas








Knoop jou hoop aan God vas


Nou het ons ‘n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.  -  1 Petrus 1:3-4


Een van die dinge wat die moeilikste is om te hanteer wanneer ‘n mens aan depressie ly, is dat jy jou hoop verloor.  Jy dink dat niemand jou meer nodig het nie, dat jy niks werd is nie, dat die toekoms vir jou geen positiewe dinge inhou nie.  Maar so mag ‘n Christen nóóít voel nie.  Ons hét  ‘n hoop wat niemand óóit  van ons kan wegneem nie omdat daardie hoop nie ‘n abstrakte gevoel is nie, maar ‘n Persoon:  God self.  God is ons Bron van hoop, skryf Paulus.  Hy vervul ons met alle vreugde en vrede sodat ons hoop al hoe sterker kan word deur die krag van sy Heilige Gees (Rom. 15:13).


Moet nóóit jou hoop verloor nie, al gebeur wát ook al met jou, ook al vóél dit vir jou asof jy geen hoop in jouself, in ander mense óf in God oorhet nie.  Knoop jou hoop aan God vas – Hy beloof vir jou die hemel.  “Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou:  Hy doen wat Hy beloof het,” bely die Hebreërskrywer (Heb. 10:23).  Elkeen van God se beloftes is waar:  As jy op God bly hoop, sál Hy vir jou die hemel waarborg.  Méér nog, as jy in Jésus glo, is die hemel nóú rééds joune!


Here, ek loof U vir die lewende hoop op u onverganklike erfenis wat U vir my in die hemel gereedmaak.  Baie dankie dat niks en niemand ooit hierdie hoop van my kan wegneem nie omdat dit in U geanker is. Amen




Nina Smit : Bloeisels van hoop (effe aangepas vir beklemtoning)


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!
  
  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



No comments: