Saturday 3 October 2015

JY is Familie van GOD







JY  is  Familie van GOD



Mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei.  -  1 Tess. 3:12


LIEFDE  is die band wat  ÁL Gods kinders dwársdeur die wêreld as  ÉÉN  familie saambind.  Die plek of wêrelddeel waarin ons leef, of ons  FISIES  of  AANLYN  vriende is, of ons RYK of ARM, JONK of OUD is, IS  van GÉÉN belang nie vir GÓD nie.  Dit is HY wat ons geplaas het op MEKAAR se lewenspaaie met ‘n DOELSÝ DOEL!!!  het ons aan ons hand gevat  en  GELÉI  na MEKAAR toe!  Hý weet  WÁNNEER en HÓÉ ons mekaar kan BEMOEDIG en  HELP, want dit is Heilige Gees wat vir ons  INSPIREER om dit op die REGTE  TYE te doen!  Dit kom nié uit onsself nie!  Hý maak ons bewus van Sy ALLES-omvouende liefde te ÁLLE tye van ons lewe.


Nie een van ons het nog die vólle krag van GOD liefde ervaar nie.  Sý krag stel ons dikwels in staat om meer te wéés – meer te dóén, as wat ons gedink het in ons wildste drome ons kan wéés of dóén!  Soos die moed wat ons verkry en aan die dag lê in ‘n benoude oomblik, sodat die kind in ons sorg nie bang moet wees nie, net om later te vind dat ons sélf ook nie bang was nie.  Die krag wat ons dáár openbaar het, is miskien báie meer as wat ons óóit gedink het ons in staat kon wees, omdat daar ékstra krag aan ons gegee is, deur CHRISTUS, sodat ons iemand anders kon help deur woorde én deur dade.


As ons die liefde van ons HEER  *ín*  ons en *om* ons laat vloei en werk,  IS dit vir ons, niétige mensies, moontlik om andere te ondersteun wáár en wánneer  dit ookal nodig mag wees, of dit nou vir familie, vriende of kollegas en sélfs ook onbekende mense is wat ons nodig mag kry.  Die Here SÓRG vir ons, en laat ons liefde  VIR  mekaar en  NA  mekaar toe groei.



Gebed:  In Ú liefde, Heer, groei ook mý liefde ... báie, báie dankie daarvoor.




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




1 comment:

Extremamente Donna a Palermo said...

Ciao, pace. Sono Pia e sono,oltrecchè cristiana, sono una vicina di blog.
Mi trovavo a fare un giro cliccando su blog successivo è sono arrivata qui. Sono una vicina di blog.
Se vorrai visitarli, ben lieta. Ciao.
http://donnesolodonne.blogspot.it