Monday 26 October 2015

Geloof









GELOOF


Laat ons styf vashou aan die geloof wat ons bely, want God is getrou.  -  Hebr. 10:23


As ek so stil sit langs ‘n stroompie water, tref dit my opnuut hoe geloof nét soos ‘n waterstroom is.  Soms mag ek vol geloof wees, ander tye weer nie so heeltemal vol nie, maar dit hou aan met vloei, altyd besig om my te onderskraag en met moed en durf te vul.


Soms mag my lewe rustig en stil verloop, en ander tye weer kan dit verander in een gróót krisis wat my tótaal omvergooi, maar deur dit alles heen gee my geloof my die moed en krag om áán te hou met áánhou, soos die stroom water wat maar net aanhou loop.  My gelóóf in God verseker my dat die lig áltyd skyn, *selfs* agter die dónkerste wolk – Hy hóór my roep en Hy lúíster.


Selfs die kleinste bietjie geloof is hééltemal genoeg om my te laat voortgaan op my pad van lig.  Ek glo Hy wat *in* my woon, stap saam met my op my lewenspad, en die geloof wat ek op ‘n spesifieke oomblik het, maak my sterk vir die volgende oomblik.  So blý my geloof aan die vloei in en deur élke oomblik van my lewe – voortvloeiend soos die waterstroom.


Gebed:  God *is* getrou - *dit* GLO ek!!!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








No comments: