Saturday 10 October 2015

Moed









MOED



Vertrou op die Here!  Wees sterk en hou goeie moed!  -  Ps. 27:14



Aan ons vermoëns in Christus is daar geen beperkings nie, en dit sluit moed óók in.  Wanneer álles seepglad en ordelik verloop in ons lewens, voel ons dis nie vir ons nodig om ons moed te vertoon nie.  Ons geloof en bydrae tot die ordelike verloop van ons lewe en belange, weerspieël egter ons moed.  Moed is ‘n kosbare gáwe van God aan  AL Sy kinders, nié net aan ‘n paar wat uitverkies is omdat hulle fisies sterk is nie.


Moed is om vás te staan in die waarheid dat Christus Jesus IN ons woon.  Moed kom vanuit ons diépste heiligdom van krag, en is ALTYD tot ons beskikking as ons deur moeilike omstandighede gaan en vir God daarvoor vra.


Moed gee ons die KRAG om die liéfdevolle, rústige mense te wees wat God ons geskép het om te wees.  Om wáre kinders van die lig te wees wat óngeag uiterlike omstandighede, stééds blymoedig voortgaan op ons pad van lig.


Moed maak dit vir ons moontlik om  *néé*  te sê vir negatiewe gedagtes, en  *já* vir die wáárheid wat ons vrý maak.  Wáre moed is *ín* ons, gerééd om te eniger tyd deur ons gebruik te word – ‘n  *baie* kosbare en spesiale gawe van God geskenk aan ons uit die liefde van sy vaderhart!



Gebed:  Ware moed is binne-in my!




~ Uit Daelikse Woord  Aangepas ~

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: