Tuesday 20 October 2015

'n Stukkie persoonlike bederf










Hemelse Vader,


Die skoonheid van u skepping

slaan elke dag my asem weg.

Gee dat ek nooit daaraan gewoond sal raak nie,

maar dit elke dag opnuut as ‘n wonder sal beleef.

Ek wil U loof dat U van elke

verborge wens van u kinders bewus is,

dat  U dié mense wat hulle vreugde in U vind

se hartsbegeertes waar maak.

Dankie vir my jakaranda-ervaring in 2004,

dankie dat ek daarin u liefde en omgee vir my

op so ‘n persoonlike wyse kon beleef.

Help my om nooit onaangeraak te staan teenoor skoonheid nie,

maar om dit in elke afsonderlike stukkie van u skepping

raak te sien en U daarvoor te loof.

Here, hoe groot is U

dat U die wêreld so wonderlik gemaak het!




Nina Smit  :  Elke dag ‘n vreugdepad