Thursday 1 October 2015

Soek GOD







SOEK GOD


O God, U is my God, U soek ek.  -  Ps. 63:2 (OV)


Hóé vol my lewe ookal mag wees, dit mag nog steeds vir my voel asof daar íéts is wat kortkom.  Iets belángrik, wat ‘n groot gemis in my lewe  veroorsaak. Dit mag dan tot gevolg hê dat ek besluit om ‘n paar veranderinge in my lewe aan te bring.  Maar díép in my hart wéét ek egter sonder énige twyfel, dat géén veranderinge híérdie leemte in my sal versadig en vul nie, want my verlange is éíntlik na  GÓD!


“Heer, Ú is die antwoord op élke verlange waaronder ek gebuk mag gaan.  Net  Ú kan daardie leë plekkie díép in my hart vul.  Net Ú weet wat vir my die héélbeste is.  Net Ú kan die ervaringe in my lewe laat kom wat sal lei tot my verdere geestelike groei en ontwikkeling.


Heer van my hart, ek soek U in álles wat ek doen.  Ek kyk terug na wat alles plaasgevind het in my verlede en sien Ú hand van orde in álles wat my lewe aangaan.  Soms voorsien U in ‘n behoefte nog lánk vóórdat ek selfs nog bewus was van so ‘n behoefte in my lewe!


Ek sóék U Heer – ek soek Ú lig, Ú liefde en Ú krag in álles wat ek doen, in élke eis wat aan my gestel word, en U ántwoord daarop.  Dánkie Heer, vir U lig só helder, U liefde só groot en U krag wat my stééds aanmoedig om my héébeste te doen dwársdeur my lewe.”


Gebed:  In álles wat ek doen, soek ek Góds seën.




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com


No comments: