Saturday 3 October 2015

Dankie Here Jesus dat U oor my bly kan wees








Hemelse Vader,



Dit laat my verstand duisel dat U 

wat die Skepper  is van die hemel en die aarde, 

oor mý bly kan wees, 

al ken U my deur en deur 

en al weet U presies hoe sondig ek is.  

Here ek wil graag so lewe 

dat ek ook aan u blydskap sal gee.  

Help my om gehoorsaam aan U te wees, 

om u blye boodskap uit te dra, 

om te jubel en te juig oor U.  

Wys vir my wanneer 

ek u pad byster raak 

sodat ek weer terug 

na die Vaderhuis kan draai.  

Help my om U al beter te ken 

en U al liewer te kry.  

Leer my om al die goeie 

en genotvolle dinge 

wat U geskep het te geniet en te koester 

sodat my godsdiens vir my elke dag 

'n vreugde sal wees en 

ek dag lank oor U bly sal wees.



Amen




~ Nina Smit ~




  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

No comments: