Sunday 11 October 2015

'n Nuwe begin








Hemelse Vader,



Baie dankie vir die geskenk van ‘n nuwe dag.

Dankie vir die voorreg om seker te kan weet

u genade vir my is elke môre nuut.

Omdat ek U ken, is elke dag vir my ‘n nuwe begin,

‘n nuwe getuienis van u genade en liefde vir my.

Here, ek kom bely my sondigheid,

al die foute wat ek gemaak het in die dae wat verby is.

Dankie dat U elke keer bereid is om my sonde uit te wis en

die lewe vir my weer nuut te maak saam met die nuwe dag.

Gee vir my asseblief vandag u liefde in oorvloed, gee vir my

soveel blydskapjare as dié waarin ek swaargekry het.

Ek bid dat ek ook vandag u goedheid sal belewe,

dat U die werk van my hande in stand sal hou sodat alles wat

ek doen uiteindelik tot u eer en verheerliking sal wees.



Amen



Nina Smit : As God fluister


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God  die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: