Monday 19 October 2015

Gereed en gewillig








Gereed en gewillig


Jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou héle hart en met ‘n gewillige gemoed, want die Here ondersoek álle harte en ken die bedoeling van elke gedagte.  -  1 Kron. 28:9


Uit my eie ondervinding het ek geleer, hoe méér gewillig ek ‘n taak aanpak, hoe béter is die eindresultaat.  Met ander woorde, iets in my benadering beïnvloed die kwaliteit van dit wat ek lewer.  As ek gereed en gewillig is om iets nuuts aan te pak, of om iets beter te doen as ooit te vore, verloop alles sommer gladweg, en ek vóél ook goed omtrent die resultate.


Ek gaan my dus met ‘n  gewillige  hart wend tot my Heer.  Ek luister mooi en rustig na wat    vir my wil sê, want ek weet dat dít wat Hy vir my in gedagte het, is altyd die héél beste vir my, al stem dit nie altyd ooreen met dit wat ék in gedagte gehad het nie.


My gewilligheid om te luister, maak my oë oop vir die gróter plan, en wys my hoe verreikend en behulpsaam my dade kan wees.  Ek síén die grenslose moontlikhede voor my as ek wandel in Sy lig, en besef hóéveel beter dinge vir my en andere sal wees as ek Hom gewilliglik volg met ‘n liéd in my hart.


Gebed:  Ek is gereed en gewillig om Gods leiding te volg élke dag van my lewe!




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~




  Koningsdogters vir Jesus Page / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: