Thursday 1 October 2015

Ek behoort aan U








Ek behoort aan U


Here, ek behoort aan U.  Met my hele hart soek ek U.  Wees genadig soos U beloof het.  -  Psalm 119:57-58


Here,


Laat u troue liefde my oordek.
Laat my tog altyd die waarheid praat,
want ek hoop op u bepalings.
Ek sal u gebooie gehoorsaam,
so lank as wat ek lewe.
Ek verlustig my in u gebooie
wat ek baie liefhet,
ek dink na oor u voorskrifte.
U beloftes laat my weer lewe,
dit vertroos my in al my ellendes.
U voorskrifte is vir my ‘n lied
tydens my lewe hier op aarde.
In die nag dink ek aan U en
gehoorsaam ek u gebooie.
Here, ek behoort aan U!
Ek soek U met my hele hart –
wees my genadig soos U beloof het.
Ek het my lewenspad oordink en teruggedraai
om volgens u voorwaardes te lewe.
Middernag staan ek op
om U vir u regverdige bepalings te dank.
Ek is ‘n vriend van almal wat U dien;
vir elkeen wat u bevele gehoorsaam.
Here, die aarde is vol van u trou;
leer my tog u voorskrifte!


Amen



Nina Smit : Vreugde in die môre


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: