Monday 31 August 2015

'N WENNER






‘N  WENNER


Maar ons dank God at Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.  -  1 Kor. 15:57


Slagoffer of oorwinnaar?  Ek is  NIE  ‘n slagoffer van omstandighede nie.  Ek IS ‘n seëvierende, onverskrokke geestelike wese, magtiger as my omstandighede.


Ek is  NIE  ‘n slagoffer van swakheid en onsekerheid nie.  Ek IS ‘n al-wyse, al- liefdevolle, alles-oorwinnende kind van God.


Ek is NIE ‘n slagoffer van pyn en vrees nie.  Ek IS ‘n geestelike wese wat nie seergemaak, ongelukkig of bang gemaak kan word nie.


Ek is NIE ‘n slagoffer van negatiewe gedagtes of van vernietigende gewoontes nie.  Ek IS ‘n geestelike wese met vólle beheer oor my gedagtes, gevoelens en emosies.


Ek is NIE ‘n slagoffer van ouderdom en swakheid – of van jeug en onvermoë nie.  Ek IS deel van die immerontvouende, ewige lewe van God.


Slagoffer of oorwinnaar?  Ek is NIE ‘n slagoffer nie.  Ek IS ‘n wenner!


Gebed:  Ek  IS  ‘n wenner in Christus!



~ Uit Daelikse Woord ~

Sunday 30 August 2015

Gebed vir die uitdaging van ouer-wees





Gebed vir die uitdaging van ouer-wees


Hemelse Vader,


Báie dankie dat U die ontsagwekkende opdrag
van ouer-wees aan mý opgedra het.
Dit dryf my dikwels op my knieë,
maar dankie ook dat U nóóit iets aan ons opdra
sónder om aan ons ook die genáde te gee om dit uit te voer nie.
Trek my náder aan U sodat ek my kinders kan lei.
Ontbránd in my groter verlange, konsekwentheid
en getrouheid in gebed.
Bemágtig my deur u Gees om ‘n bíddende ouer te wees,
een wat nie my kinders net van geloof léér nie, maar dit ook lééf.
Gee dat élkeen van my kinders sal voel daar’s ‘n oop kanaal
na mý, hulle aardse ma of pa toe,
sodat hulle sal verstaan dat hulle te éniger tyd na Ú toe
kan gaan en wéét U sal liefdevol na hulle luister.
In Jesus se Naam.


Amen



Cheri Fuller  :  Kinders wat bid kan die wêreld verander



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






poppieoosthuizen  @  gmail.com

Voorsiener van alles






Voorsiener van alles,


 Nog ’n dag loop ten einde en ek neem my plek op onder my groot Verlosser se folterpaal, vanwaar helende strome voortdurend vloei, waar salf uit gegiet word in elke wond, waar ek my opnuut was in die alles-reinigende bloed van U en ek die versekering verkry van U onuitputlike liefde en genade. Ek verdien niks nie, maar kyk op na U sagmoedige genade. Ek is vol swakhede, tekortkominge en sonde, U is vol genade en lankmoedigheid. Nog ’n klein rukkie en ek sal gaan na die woning van my Vader en nie meer gesien word nie, help my om my gedagtes suiwer te hou, om my voetstap te verhaas, om te wandel asof elke oomblik my laaste is, dat my lewe vreugde mag wees en my dood oorwinning.  U Naam ter eer.


Amen




Saturday 29 August 2015

MÝ HERDER






MÝ  HERDER


Die Here is my herder.  -  Ps. 23:1


Hóé wonderlik hierdie paar woorde in Ps. 23, die Here is my herder – en wie van ons ken dit nie!  In ons díépste verdriet, in ons gróótste vrese, in ons twyfel en kommer, is dit die woorde wat ons maar wéér-en-wéér herhaal en ons eie maak.  Kom ons speel vandag so ‘n bietjie met hierdie woorde:

Ons begin met die Here.  Niemand anders nie – die Here self – wat sy intrek in ons hart geneem het, wat altyd mét ons is, élke tree van die weg wat ons moet gaan – is my herder!

Nou die woordjie is.  Hy is my herder.  Hy was my herder deur die jare heen, Hy sal ook my herder wees in die dae en jare wat kom, maar vandag, hier, ís Hy my herder.  Hoe groot die seën my toebedeel!

En nou my.  Ja, ek weet Hy is ons almal se herder, maar nou, hier waar ek alleen is, is Hy herder!  Die beste herder wat daar óóit nog was!

En nou herder.  Áltyd daar, áltyd gereed om my op te pas en te beskerm – vir ewig en altyd my herder op my lewenspad.  Dankie, dankie, Heer van my hart – mý dierbare herder!


Gebed:  Die Here is mý herder!


~ Uit Daelikse Woord ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com

Gebed om Begrip








Gebed om begrip


Here,


Ek bely dat ek kinders onderskat het
en dikwels nie Ú weë en plan met hulle verstaan nie.
Verhelder my begrip sodat ek die kinders in my lewe
kan sien soos Ú hulle sien.
Verander my beperkte perspektief en
verbreed my visie van hulle geestelike vermoëns.
Leer my bid sodat ons ons kinders kan lei en toerus
met wat hulle nodig het om te begin bid.
In Jésus se Naam.


Amen


Cheri Fuller  :  Kinders wat bid kan die wêreld verander


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com





via Instagram http://ift.tt/1F6aWyp

via Instagram http://ift.tt/1JsbdzI

via Instagram http://ift.tt/1LBOx0N

Friday 28 August 2015

GODS LEWENS-WONDER







GODS LEWENS-WONDER


“Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die mag van God sien nie?”  -  Joh. 11:40


Wíé van ons staan nie stil voor die wónder van ‘n asemrowende sonsondergang nie?  Voor ons oë skilder ons Sképper Meester Kunstenaar ‘n meesterstuk in die hemelruim, en die glórie van dit wat voor ons oë afspeel, vúl ons met díépe ootmoed.

Hierdie glorie van God ons Vader is nié net beperk tot ‘n sonsondergang nie.  Dis óral om ons.  Síén ons, hóór ons, vóél ons die lied van die reëndruppels op die dak?  Síén en erváár ons die oorweldigende skoonheid en mág in die simfonie van ‘n donderstorm?  Síén ons die tére liefde van ons Hémelvader in die sagte, vertrouende glimlag van ‘n kind?   Ervaar jy Sý liefde vir jóú?

Gods líg, Sy liéfde en krág is onmisbaar duidelik waarneembaar in álles en álmal om ons, en wánneer ons ons oë oopmaak en daarna soek, sál ons dit vind, en die éérbied en respék teenoor ons Skepper wat daarmee saamgaan, sal géén grense ken nie!

Voor die glórie en wónder van Gods orde só duidelik sigbaar in sy héle skepping so wondermóói, weerklink die lied van lóf en dánk vanuit my hart -  “Hóé groot is U, o, God, hóé groot is U!”


Gebed:  Hoe gróót is U, o, God!



~ Uit Daelikse Woord – effe aangepas ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com


Gebed om Seën






Gebed om seën


Here,


U het kinders in u arms geneem,
hulle liefgehad en geseën.
Help mý ook om kinders lief te hê en te seën
soos Ú gedoen het  –
my eie en dié in ons kerk, die skool en woonbuurt.
Help my om meer soos húlle te wees,
in vertroue, deernis en openhartigheid.
Vernúwe in my ‘n kinderlike geloof en ‘n rein hart.
Laat my deur  Ú oë na hulle kyk
om die potensiaal wat  U in húlle geplaas het te síén
en die unieke kwaliteite waarmee elkeen begaaf is.
In Jesus se Naam.


Amen


Cheri Fuller  :  Kinders wat Bid



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



poppieoosthuizen  @  gmail.com

Thursday 27 August 2015

Tel jou seëninge





Tel  jou seëninge


“Here, U is my lewe, U sorg vir my.  Wat ek ontvang, kom alles van U af.  ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.”  -  Ps. 16:5, 6


          Ek was eenkeer in ‘n vergadering waar ‘n vrolike Engelse dame twee voordragte gedoen het.  Haar oë het geblink, sy kon nie ophou glimlag nie, die lewensblyheid het behoorlik uit haar gestraal.  Later het ek uitgevind dat sy haar man op ‘n baie jong ouderdom verloor het, en dat dinge eintlik glad nie so goed met haar gaan nie.
          Voordat sy met haar voordrag begin het, het sy laggend vertel dat iemand haar in ‘n besige winkelsentrum voorgekeer en gevra het:  “Sê my, hoekom is jy altyd so vrolik, gaan dit dan nooit sleg met jou nie?”  Sy het geantwoord: “Natuurlik gaan dit soms sleg met my, maar ek het geleer hoe om daardie tye te hanteer.”  “Hoe?” wou die vriendin weet.  “Ek is van die oggend tot die aand besig om my seëninge te tel,” was die vrolike dame se antwoord.  “Wanneer ‘n mens dit doen, het jy nie tyd oor om jou te bekommer nie!”  Ek het na haar stralende gesig gekyk en skaam gekry toe ek besef het hoeveel meer seëninge ék gehad het om te tel as sy.
          Christene behoort elke dag dankbaar te lewe en al die mooi dinge wat ons uit die hand van ons Vader ontvang, raak te sien en te waardeer.  Om dankbaar te wees beteken om te erken dat ons niks het wat ons nié ontvang het nie, om weereens vir ons die feit te onderstreep dat alles genade is, en om bewus te wees van die band van liefde tussen ons en die Gewer van al die seëninge.  As ons doelbewus só lewe, sal daar ook in ons lewens nie tyd en plek vir dinge soos bekommernis en depressie oorbly nie.


“Here, leer my asseblief om my seëninge te tel wanneer die donker dae kom.  Dankie dat daar ten spyte van al die moeilike dinge nog soveel mooi dinge is waarvoor ek bly kan wees.  Dankie vir gesondheid, vir skoonheid, vir musiek, vir die lag van kinders, vir my Bybel wat ek kan oopslaan en Uself met my hoor praat.  Dankie dat ek mag bid wanneer dit swaar gaan – dankie vir my man en my kinders, vir my gerieflike huis en my mooi tuin.  Vir die son op my gesig en die wind deur my hare.  Vir kos en klere en sekuriteite.  En as al dié dinge wegval, Here, dankie dat ek nog vir U het.  Dat U my vashou en liefhet en ondersteun, en my nooit sal verlaat nie.  Dankie dat U die Gewer is van ál die seëninge in my lewe.”


‘n Gedagte om te onthou:  Ek behoort dankbaar te wees vir elke blyk van God se genade wat ek in my lewe ervaar.



Nina Smit  :  Gedra deur Sy liefde



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




poppieoosthuizen  @  gmail.com

Wednesday 26 August 2015

GODS LEIDING






GODS  LEIDING


U, Here, laat my lamp helder skyn.  -  Psalm 18:29


Wat is die oorsaak dat ek soms optree, en ander tye wéér niks doen nie, as ek in een of ander situasie beland?  Voel ek dat dít wat ek doen die regte ding is?  Of voel ek dat ek éérs moet wag totdat iemand anders vir my vertel wat ek moet doen?

My eie of iemand anders se advies mag my in die steek laat, maar Góds leiding is áltyd reg.  My gewilligheid om Hóm te volg in álles wat ek doen of sê, hou my voete stéwig op Sy pad van lig.

Vánuit die dieptes van my hart kom Sy leiding op ‘n ságte, stil manier.  Ek vrá dit en sonder die geríngste twyfel of vrese wág ek daarvoor, en ek weet op die régte tyd, op die régte plek, sál Sy leiding séker en gewis daar wees, en ek sal dan reg en ordelik optree.

Híérdie leiding mag kom in die vorm van ‘n ságte fluistering – ‘n núwe idee wat my te binne skiet, of ‘n séker wete dat ek vas moet staan omdat álles besig is om op ‘n ordelike wyse te ontvou.

Gód help my om dít te doen wat ek móét doen, wáár en wánneer nodig.


Gebed:  Ú Hére, laat my lamp hélder skyn!


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



poppieoosthuizen  @  gmail.com

Met U Hulp







Here,


Hoe wonderlik is dit nie vir my om te kan weet dat ek nie langer vir probleme hoef weg te deins nie.  Dankie vir u belofte dat ek oor niks bekommerd hoef te wees nie.  Dankie vir maniere waarop ek met u hulp my probleme kan oplos.  Maak my gewillig om die moeilikste dinge eerste af te handel, om my verantwoordelikhede na te kom, om eerlik te wees en om altyd gebalanseerd te leef.  Dankie dat ek weet dat U vir my alles wat ek nodig het, sal gee as ek my sal beywer vir u wil en u koninkryk


Amen


Nina Smit  :  Gedra deur Sy liefde



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!


poppieoosthuizen  @  gmail.com

Tuesday 25 August 2015

Die Liefde van God







Jy kan enigiets oordryf ...
behalwe die
Liefde van God.

~ Koester ons Taal ~

Op Presies die Regte Tyd






Op presies die regte tyd


(Lank maar baie pragtig!)


“Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.”  - 2 Kron. 16:9
“Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my en toe ek in vertwyfeling besef het:  ek kan op geen mens staat maak nie.”  -  Ps. 116:10, 11


Corrie ten Boom vertel in haar boek  The Hiding Place (World Wide Publishers, 1971) dat sy een aand in trane was omdat sy bang was dat haar pa sou doodgaan en sy nie sonder hom sou kon lewe nie.  “Sê my, Corrie,” wou haar pa weet, “as ek en jy Amsterdam toe gaan, wanneer gee ek vir jou jou treinkaartjie?”  “Net voor ons op die trein klim,” antwoord Corrie.  ‘Nouja, net so weet ons Vader in die hemel baie goed wanneer ons dinge nodig het.  Moet nooit probeer om dinge vooruit te loop nie.  As die tyd kom dat ek moet doodgaan, sal jy in jou hart kyk en die krag kry wat jy nodig het.  Die Here sal dit self vir jou gee, op presies die regte tyd.”

Vir sy kinders gee God ook die krag om enigiets te kan verwerk.  Jy dink miskien op die oomblik dat jy dit nooit sal oorleef as jy jou man/vrou of kind of ouers moet verloor nie.  Dat jy dit nie sal kan hanteer as ‘n geweldige finansiële krisis jou tref of ‘n ernstige siekte oor jou pad kom nie.  Maar dit is nie so nie.  Met God se hulp sal jy wel alles kan verwerk.  God sal vir jou die krag daarvoor gee.  Nie voor die tyd nie – maar presies op die regte oomblik wanneer jy dit nodig het.

“Want die Here kyk gedurig die hele wêreld deur om te sien wie op Hom vertrou met hulle hele hart, sodat Hy hulle met sy krag kan help,”  lui die Lewende Bybel se vertaling van ons teksvers.  Ons Vader is as’t ware besig om gedurig die wêreld deur te kyk, sodat Hy kan sien wanneer sy kinders Hom nodig het.  Dan, presies op die regte tyd, gryp Hy in om ons met sy krag te help.  En hoe groot is daardie krag nie!  Deur hierdie krag wat in ons werk, is God magtig om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, skryf Paulus in Efesiërs 3:20.  Ons hoef dus nooit bang te wees dat daar dinge oor ons lewenspad sal kom wat ons nie met ons Vader se hulp kan hanteer nie.  Die geheim is net om altyd in Hom te bly glo!


“Hemelse Vader, ek loof  U dat u oë op die oomblik op my is om te kyk wanneer ek U nodig mag kry.  Baie dankie vir die versekering dat  U altyd presies op die regte tyd vir my u krag sal kom aanbied, sodat ek elke krisis wat oor my pad kom, met u hulp sal kan verwerk.  Help my asseblief om in U te bly glo, selfs in dié tye wanneer dit vir my voel asof dit klaar met my is.”


(‘n Gedagte om te onthou:  God is altyd daar wanneer ek Hom nodig het, en Hy sal my op presies die regte tyd help.)


Nina Smit  :  Gedra deur Sy liefde




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Monday 24 August 2015

SKEPPEND





SKEPPEND


En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd.  -  Ps. 1:3  (OV)


Soos die boom van die psalm-digter het ook ek toegang tot ‘n bron van lewende water diep in my wese.  As ek daarvan drink, is ek in staat tot enigiets en kan ek groot hoogtes bereik.  Die talente wat ek gebruik, is die vrug wat ek lewer, tot seën van myself en my medemens.

Soos ek materiële dinge kan skep, só kan ek ook geestelikse waardes skep.  Ek kan positief en vrolik wees, en die atmosfeer om my sal ook positief en aangenaam wees.  Ek is in staat daartoe om in vrede met andere saam te leef, en skep ‘n vriendelik harmonieuse atmosfeer om my.

Ek vergelyk ook nie my talente met dié van andere nie.  Soos hulle, beskik ook ek oor vermoëns en talente wat eie is aan my, en so iets soos kompetisie met andere bestaan nie vir my nie.

Aan elkeen van ons het ons hemelse Vader sekere talente en vermoëns gegee, en ek gebruik myne skeppend tot eer van my Heer.


Gebed:  Ek gebruik my talente en vermoëns om nuwe dinge te skep.


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

Versoening is Nodig






Versoening is nodig


Werklike liefde is dit:  nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.  Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.  -  1 Joh. 4:10 en 11



Here Jesus,


Báie dankie dat  U vrede kom maak het tussen God en my,
dat mý sondes nou vergewe kan word
omdat  Ú aan die kruis daarvoor betaal het.
Here, ons het  U versoening só nodig in hierdie land.
Maak ons gewillig om vir mekaar ruimte te maak
en wérklik oor kleurgrense heen met mekaar
versoen te raak.
Here, help my om na ander mense te kyk déúr u kruis,
en te weet dat  U élke mens só liefhet dat  U gewillig was
om ú lewe vir ons prys te gee.
Maak my asseblief gewillig om die strydbyle
van die verléde te begrawe en ander mense op díéselfde
manier lief te hê en te vergewe soos
wat  Ú  met my gedoen het.


Amen


Nina Smit  :  Liefde maak alles anders
(effe aangepas)



  :  Dierbre Jesus @ Facebook

Aan God die drie-enige, alleen die eer!