Saturday 22 August 2015

GENADE





GENADE


En nou ... dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade.  -  Hand. 20:32 (OV)


Soms mag ek al die waarhede wat ek ken met my hele hart en siel nastreef en toepas in my lewe, en tog voel dit of ek steeds teen ‘n muur vasloop.  Selfs my beste pogings lyk of dit geen effek het nie.  En dan, skíélik, gebeur daar ‘n wónderwerk!  My gebede word beantwoord – beslis nie deur mý eie toedoen nie, want kyk hoe moedeloos en negatief het ek geraak ...  Dís wanneer die genade van God in werking tree!

Hierdie genade van ons hemelse Vader is té diep en té groots en onbeskryflik vir ons ou menslike verstandjies om te verstaan, want dit is vêr verhewe bo álle menslike idees van reg en billikheid.  In Sý liefde en genade, het  God Sý seëninge op my uitgestort.  Vrylik gee Hy, en met díépe dankbaarheid ontvang ek.

Gods genade is daar, óók vir my, of ek nou voel ek het dit verdien of nie.  Ongeag my eie oordeel oor wat reg is, werk Sý wonderwerkende genade ín my, déúr my en óm my, en hoe ryklik geseënd is ek net nie!


Gebed:  Dankie Here, vir U wonderwerkende genade wat áltyddeur aan die werk is in my lewe.


~ Uit Daelikse Woord ~

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook

Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: