Saturday 22 August 2015

Die sagte fluistering van U stem





Hemelse Vader,


Baie dankie dan  U met my praat
wanneer ek moedeloos en verward is.
Dankie dat ek, wanneer dit donker word om my en
probleme op my toesak, die sagte fluistering van
u stem kan hoor.
Ek weet nou dat  U juis praat op dié oomblikke wanneer ek
dit die minste verwag;  dat U stem eers werklik hoorbaar
word wanneer dit stil word in en om my.
Here, help my om genoeg tyd te maak om te konsentreer,
fyn te luister en besig te raak met u Woord
sodat ek u stem daarin kan hoor.
Gee my die regte woorde om met U te praat in gebed.
Help my om dié dinge wat U my geleer het,
die geheime wat U in my oor gefluister het, aan ander
mense deur te gee.
Ek luister nou soos Samuel van ouds,
Here – maak die kanaal tussen ons
oop en praat asseblief met my.


Amen


Nina Smit  :  As God fluister


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: