Sunday 23 August 2015

Nooit Alleen Nie






Nooit alleen nie


Here,


U Woord is so wonderlik!  Dankie vir die versekering dat ek nooit alleen is nie.  Dat U altyd by my is.  Dat ek ook nie alles hoef te verstaan wat U oor my pad bring nie.  Help my asseblief om my krisistye met u hulp so te hanteer dat die mense om my sal kan sien dat U lewe!  Help my om U te loof en groot te maak wanneer dit met my sleg gaan, omdat ek seker weet:  hierdie dinge gaan verby, hulle berei my eintlik net voor op die ewige lewe wat U belowe het vir dié wat U liefhet.


Amen


ღ  As Christen kán ek nooit alleen wees nie – God is áltyd by my, verál in krisistye!


Nina Smit  :  Gedra deur Sy liefde



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: