Tuesday 18 August 2015

Die lewe is 'n wedloop





Here,


Vandag voel die wedloop vir my te lank en die wenpaal so onbereikbaar ver.  In my eie krag sal ek dit net nooit suksesvol kan aflê nie.  Dankie vir u Woord – vir die versekering dat ook ek die wedloop met volharding sal kan hardloop as my oog op U gevestig is.  Help my om my kruis vandag te verduur ter wille van die vreugde wat vir my in die vooruitsig is.  Help my om nie geestelik moeg te word en uit te sak nie.  Ek maak nou aanspraak op die krag wat U belowe – laat my ook met arendsvlerke vlieg en hardloop sonder om moeg te word.


Amen


Nina Smit  :  Gedra deur Sy Liefde

  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: