Saturday 15 August 2015

Vrygewig





VRYGEWIG


Gee, en vir julle sal gegee word:  ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol.  -  Lukas 6:38


Wanneer ek aan vrygewigheid dink, dink ek altyd aan geld?  As ek daaraan dink om vrygewig te wees met die rykdom wat altyd deel is van my lewe, verwyder ek die beperkinge wat ek op myself geplaas het en het ek altyd baie waarmee ek vrygewig kan wees.

Ek kan vrygewig wees met woorde van lof en aanmoediging.
Ek kan vrygewig wees met my glimlag.
Ek kan vrygewig wees met my tyd.
Ek kan vrygewig wees met my vriendskap.
Ek kan vrygewig wees met my talente en bekwaamhede.
Ek kan vrygewig wees met my gebed.
Ek kan vrygewig wees met my woorde van waardering.
Ek kan vrygewig wees met my voorbeeld van ‘n geloof-gevulde, God-bestuurde lewe.

Ja, ek kan vrygewig wees met die rykdom van my lewe!


Gebed:  Ek is vrygewig met die oorvloed van my lewe.


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook

Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: