Friday 21 August 2015

GENADE





Genade


Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham.  -  Matt. 1:1


Hemelse Vader,


Vandag kom ek vir  U dankie sê
dat ek ook ‘n plekkie in u familieregister kan kry
omdat ek in  Ú  glo.
Here, U weet dat ek u genade nooit kan verdien nie,
maar ek eien dit vir my toe
omdat  U dit vir my moontlik maak om die
wil van u Vader te doen.
Vergewe my wanneer ek soms mense afskryf en as minder
belangrik beskou sonder om met die feit rekening te hou dat
U  álle mense liefhet en vir die grootste sondaar gesterf het.
Ek beoordeel ander baiekeer
volgens menslike maatstawwe, Here.
Help my asseblief om nie impulsiewe oordele
oor ander te vel nie, maar om mense met
verdraagsaamheid en genade te behandel.


Amen


Nina Smit  :  As God Fluister



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: