Saturday 29 August 2015

MÝ HERDER






MÝ  HERDER


Die Here is my herder.  -  Ps. 23:1


Hóé wonderlik hierdie paar woorde in Ps. 23, die Here is my herder – en wie van ons ken dit nie!  In ons díépste verdriet, in ons gróótste vrese, in ons twyfel en kommer, is dit die woorde wat ons maar wéér-en-wéér herhaal en ons eie maak.  Kom ons speel vandag so ‘n bietjie met hierdie woorde:

Ons begin met die Here.  Niemand anders nie – die Here self – wat sy intrek in ons hart geneem het, wat altyd mét ons is, élke tree van die weg wat ons moet gaan – is my herder!

Nou die woordjie is.  Hy is my herder.  Hy was my herder deur die jare heen, Hy sal ook my herder wees in die dae en jare wat kom, maar vandag, hier, ís Hy my herder.  Hoe groot die seën my toebedeel!

En nou my.  Ja, ek weet Hy is ons almal se herder, maar nou, hier waar ek alleen is, is Hy herder!  Die beste herder wat daar óóit nog was!

En nou herder.  Áltyd daar, áltyd gereed om my op te pas en te beskerm – vir ewig en altyd my herder op my lewenspad.  Dankie, dankie, Heer van my hart – mý dierbare herder!


Gebed:  Die Here is mý herder!


~ Uit Daelikse Woord ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com

No comments: