Sunday 23 August 2015

STILTE







STILTE


My siel is stil tot God.  -  Ps. 62:2 (OV)


Hier waar ek nou rustig en ontspanne sit binne-in my eie diepste heiligdom, is my siel stil tot God.  Tot by die waters waar rus is, lei Hy my, en verkwik Hy my siel.  Soos die krag wat in die dieptes van ‘n dam skuil en die water by ‘n sluis laat uitspuit, so is die krag waarmee my Heer my siel verkwik in hierdie stil dieptes saam met Hom.

Die geraas, die onrus, geweld en probleme, al die dinge van die wêreld om my, dryf op die oppervlak van die water weg, en verdamp tot mis in die hitte van die lig van die son.

Nuwe idees, nuwe insigte en ‘n dieper siening word aan my openbaar, en dit wat onoorkomelik gelyk het, is nie meer so skrikwekkend in Sy stil, grenslose krag en lig nie.

‘n Paar oomblikke van stille gebed, ‘n paar oomblikke gewy aan die Heer van my hart, is al wat ek nodig het om die sluise van my siel oop te maak, en ‘n uitdagende dag te omskep in ‘n dag van orde en oorwinning!


Gebed:  My siel is stil tot God.


~ Uit Daelikse Woord ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: