Friday 14 August 2015

Een talent is genoeg





Een talent is genoeg ...............


Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee ... Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.  -  1 Kor 12:4,7


Hemelse Vader,

Dankie dat  U nie één van u kinders oorgeslaan het
toe  U vir ons talente gegee het nie.
Vergewe my dat ek baiemaal ontevrede is omdat my talente
nie so groot soos ander mense s’n is nie,
dat ek myself met hulle vergelyk en my talente verwaarloos
eerder as om hulle tot U eer te gebruik.
Dankie dat ek vandag  vir die eerste keer besef
dat my talent ‘n gawe van van U is
waarvoor ek geen krediet mag neem nie.
Gee dat ek nooit daarop sal roem nie,
maar dit altyd sal gebruik om U te dien.
Here, wys my asseblief hoe om die gawes wat U aan my
persoonlik toevertrou het, te ontdek, uit te bou en aan te wend
om U koninkryk en gemeente uit te bou.

Ek wil nou my gawe vir U kom aanbied –
neem dit asseblief en maak dit meer.

Amen

Nina Smit  :  As God fluister / Een talent is genoeg

  :  Dierbre Jesus @ Facebook

Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: