Thursday 20 August 2015

In die Lig





IN  DIE  LIG


Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie?  -  2 Kor. 13:5


Wanneer ons die gordyne van ‘n vertrek oopskuif en die sonskyn toelaat om deur die vensters van ons huise te skyn, mag ons spinnerakke en stof sien wat deur die donker verberg was.  Die lig wys vir ons helder en duidelik waaraan ons aandag moet gee.

As ons die gordyne van ons hart oopskuif, wat wys die lig vir ons?  Wat is verbore in die donker waaraan ons aandag moet gee?  Vrese, wrewel, afguns, onvergenoegdheid?  Dan het dit tyd geword dat ons die gordyne wyd moet oopskuif, sodat die lig van Christus self in ons harte kan skyn, want net Hy kan dit wat só verkeerd is, weer reg maak.

Sy lig dra liefde, deernis, vergifnis, moed en durf – ja álles wat ons in ons Hemelse Winkel kan kry, ons hart binne.  Skoon en suiwer word ‘n hart Hom toegewy – helder en duidelik ons pad van lig.

Dankie, Heer, vir U lig so helder in my hart, vir U liefde so suiwer en U krag wat my met ‘n rein hart laat voortgaan op my lewensweg.


Gebed:  Skep vir my ‘n rein hart, o God.


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: