Friday 28 August 2015

GODS LEWENS-WONDER







GODS LEWENS-WONDER


“Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die mag van God sien nie?”  -  Joh. 11:40


Wíé van ons staan nie stil voor die wónder van ‘n asemrowende sonsondergang nie?  Voor ons oë skilder ons Sképper Meester Kunstenaar ‘n meesterstuk in die hemelruim, en die glórie van dit wat voor ons oë afspeel, vúl ons met díépe ootmoed.

Hierdie glorie van God ons Vader is nié net beperk tot ‘n sonsondergang nie.  Dis óral om ons.  Síén ons, hóór ons, vóél ons die lied van die reëndruppels op die dak?  Síén en erváár ons die oorweldigende skoonheid en mág in die simfonie van ‘n donderstorm?  Síén ons die tére liefde van ons Hémelvader in die sagte, vertrouende glimlag van ‘n kind?   Ervaar jy Sý liefde vir jóú?

Gods líg, Sy liéfde en krág is onmisbaar duidelik waarneembaar in álles en álmal om ons, en wánneer ons ons oë oopmaak en daarna soek, sál ons dit vind, en die éérbied en respék teenoor ons Skepper wat daarmee saamgaan, sal géén grense ken nie!

Voor die glórie en wónder van Gods orde só duidelik sigbaar in sy héle skepping so wondermóói, weerklink die lied van lóf en dánk vanuit my hart -  “Hóé groot is U, o, God, hóé groot is U!”


Gebed:  Hoe gróót is U, o, God!



~ Uit Daelikse Woord – effe aangepas ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com


No comments: