Friday 21 August 2015

Die Stilte van Gebed





DIE  STILTE  VAN  GEBED


So sê die Here ... :  In terugkeer en rus lê julle heil, in stil-wees en vertroue bestaan julle krag.  -  Jes. 30:15 (OV)


Stil voor die Heer van my hart, díép in my diepste heiligdom, ontspan ek na gees, siel en liggaam, en ek maak my hart en gemoed wawyd oop vir Sý Liefde, Sý lig en krag om my bínne te stroom.  Die rus en die vrede wat ek só ervaar kan nie in woorde omskryf word nie.  Dis ‘n héílige tyd van eenwording tussen my en my Heer.  Dis ‘n heilige tyd van eenwording tussen my en álles wat bestaan in die wonder van Gods lig, liefde en krag, díé polsslag van die lewe self.

Hóé helder die lig wat in hierdie tyd in my en déúr my skyn, tot seën van my en my wêreld met al sy mense.  Hóé diep die liefde wat in en deur my werk en straal, tot seën van my en my wêreld met al sy mense.

Die wonder van híérdie éénwording met my Heer, bly my by dwársdeur die dag, en met núwe ywer en energie gaan ek voort op Sy pad van lig.


Gebed:  Dankie, Heer, vir  Ú  krag wat ook mý krag is.


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: