Thursday 20 August 2015

Positiewe Denke





POSITIEWE  DENKE


Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.  -  Spr. 23:7


Wat doen ons as ongelukkige gedagtes ons oorrompel?  Wat doen ons as ons onthou dat iemand iets verkleinerend van ons gesê het?  Wat doen ons as ons gespanne en bekommerd voel?  Ons vervang die negatiewe gedagtes en gevoelens met positiewe gedagtes en gevoelens.  Dit is so eenvoudig.  Enigiemand wat dit al probeer het, weet dat dit nie altyd maklik is nie, maar dit kan gedoen word, gedagte vir gedagte, stap vir stap.

James Dillet Freeman sê dat, as ons graag wil weet wat die een gedagte is wat ons lewe kan verander, moet ons onsself afvra:  “Watter gedagte dink ek nou?”   Ons voel miskien dat ons maar min beheer het oor die dinge wat in ons lewe gebeur, maar ons het wel beheer oor ons gedagtes.  En as ons probeer om gedagte vir gedagte hierdie beheer uit te oefen, vind ons dat dit wel deeglik die moeite werd is, want lig-gedagtes begin oorneem in ons brein.

Wanneer lig-gedagtes oorneem in ons brein, verander ons hele lewe.  Ons is gesonder, gelukkiger, liefdevoller, makliker om mee oor die weg te kom, en geseënd met ‘n vol en ryk lewe.


Gebed:  Ek kies lig-gedagtes en kyk nooit weer terug nie!!


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: