Wednesday 19 August 2015

Genade





Hemelse Vader


Hoe kan ek ‘n mensekind vir  U dankie sê vir u genade?
Dit is ‘n geskenk wat  U my gee
en waarvoor ek níks kan doen om dit te verdien nie.
Baie dankie dat  U gretig is om my genadig te wees,
dat  U luister wanneer ek na U roep,
en elkeen van my gebede verhoor.
Ek wil vandag in aanbidding kom buig
voor die wonder van U genade
en dit mýne maak deur die geloof.
Maar ek wil ook die verantwoordelikheid aanvaar
wat  U genade op my kom lê:
Help my om dag vir dag naby U te lewe
binne die ligkring van  u genade.
Ek wil my lewenspad saam met  U loop
en u wet gehoorsaam.
Gee dat my hele lewe
‘n positiewe antwoord op u genade sal wees.
In  U lieflike Naam vra ek dit.


Amen


Nina Smit  :  As God fluister

  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments: