Thursday 20 August 2015

Vlam van Hoop






Hemelse Vader,


Dankie dat  ek, ongeag my liggaamlike omstandighede,
met ‘n helder vlam van hoop in my hart mag lewe,
omdat ek seker weet:  alles wat  U vir my
in u Woord belowe het, sal  U vir my doen.
Dankie dat hierdie hoop my in staat stel
om uit te hou en aan te hou ten spyte van swaarkry
omdat ek glo dat swaarkry maar ‘n kort rukkie duur
en dat dit vir my sal uitloop op ‘n heerlikheid
wat altyd sal bly.
Here Jesus, ek loof  U dat my hoop nie net op die toekoms
gerig hoef te wees nie – daardie toekoms waarin die hemel
vir my wag – maar dat ek ook hier en nou mag hoop omdat
ek vándag rééds seker is dat ek aan  U behoort.
Dankie vir die seker wete dat my hoop
nooit beskaam sal word nie,
omdat  U nie ontrou aan u beloftes kan wees nie.


Amen


Nina Smit  :  As God Fluister

  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



No comments: