Thursday 8 February 2018

AAN: JESUS - VAN: MY







AAN:  JESUS
VAN:  MY
deur Milanie Vosloo


Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom 'n spierwit klippie gee met 'n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.  -  Openbaring 2:17


Hier staan ek
met leë hande:
Ál wat ek het, is my
gelapte gedagtes,
krom woorde
én gebroke hart.


Sal U dit asseblief neem
en omtówer in
'n sneeuwit lewe
toegedraai in suiwer kristal
waarin *Ú* heerlikheid
élke oomblik weerkaats?


Híér staan ek, JESUS,
néém my!


Dit is nie vir gawes  dat ek aanhou om tot GOD te bid nie, dit is omdat die enigste ware lewe nêrens anders as in Hóm te vind is nie.  -  Gregorius van Navek



As HÝ weer kom / Facebook



https://www.facebook.com/asHyweerkom/photos/a.1072615282848906.1073741828.1071065473003887/1435795876530843/?type=3&theater