Tuesday 29 August 2017

WORD SIGBAAR







WORD  SIGBAAR


Elkeen se werk sal aan die lig kom.  -  1 Kor. 3:13


'n Kindjie het na sy moeder gekom met vier verlépte blommetjies in sy modder besmeerde handjies.   Sónder woorde het hy gesê, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *LIEFDE*."


'n Tiener het 'n afspraak vir 'n werk gemaak.  Wat sy gesê het was, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *LEIDING en  WYSHEID*."


'n Afgetrede egpaar het gewonder hóé hulle van hul tyd en energie kon gee om ánder te help.  Toe het hulle op 'n *blink gedagte* gekom om in te staan as *oupas en oumas* vir die oupas en oumas, wat vêr weg van hul kleinkindertjies wat in hospitale opgeneem is, gewoon het.  Híérdie egpaar het eintlik gesê, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *DEERNIS  en  BLYDSKAP*."


En óns?  Wát kan óns sê?  Ons kan die vensters van ons harte wawyd oopmaak deur *diensbaarheid* en vir Hom sê: "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *LIG, as LIEFDE, en alles wat  MOOI  en  EDEL  en  REIN*  is."


Gebed:  *HÍÉR*  is ek, HERE, ek maak myself  DIENSBAAR  vir *Ú* en  Ú werk,  *GEBRUIK*  my  en word  deur my  *SIGBAAR*.   Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Mamma / Mummy  / Facebook



 


Sunday 27 August 2017

LAAT LOS, LAAT GOD








LAAT  LOS,  LAAT  GOD
uit  Daelikse Woord


God wat alle genade gee ... sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.  -  1  Petr. 5:10


Vandag gaan ek 'n pakkie opmaak van álles wat my hinder.  Élke seer van die verlede, die geríngste gevoel van irritasie, álle kommer en sorge, swak gewoontes en álles wat *níé* van Ú is nie, plaas ek één-vir-één in hierdie pakkie.  Wanneer ek séker is dat daar *níks* meer is wat my hinder nie, gaan ek my diepste heiligdom - waar Jesus woon binne, met die pakkie in my hande.


Ek word rustig en stil in Sý teenwoordigheid.  In híérdie stil oomblike saam met die Heer van my hart, oorhandig ek die pakkie net so aan Hóm.  In Sy gróótse liefde en genade neem Hy dit en plaas dit op 'n rakkie van lig, waar dit onmiddelik omskep word in 'n strálende ligpakkie.  'n Hélder stralende pakkie waarvan Jesus se lig ook in en deur my skyn en my volkome verlos van *ÁLLES* wat ek daarin geplaas het.


Ek het  LAAT  LOS en  *GÓD* het oorgeneem!  Salig en verkwik, gesúíwer na gees, siel en liggaam, gaan ek weer *móédig* en *stérk* voort op my pad van lig, in staat om ook almal *óm* my se lewens te kan verlig deur *JÉSUS* se lig wat déúr my skyn.


Gebed:  Dánkie Vader God, dat *Ú* my in staat stel om te laat los, en dat U *álles* wat my bekommer uit my hande neem en op Ú neem.  In Jesus Heilige Naam.  Amen



Koningsdogters- en Seuns vir Jesus Bediening / Facebook



 





Saturday 26 August 2017

Ek is JESUS se EIE blompie !!!








Jy SAL vir JESUS vind!









GOD sal NOOIT ophou OMGEE nie!!!








TRÓÓS







TRÓÓS
~ Daelikse Woord ~


Al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig.  -  Miga 7:8


Híérdie boodskap is vandag vir almal wat mismóédig, ternéérgedruk en depréssief is en "in sak en as in die duisternis onder 'n besembos sit"  en hul wonde probeer lek:  "Skep móéd.  Die donker wolke sál verdwyn en die duisternis sal wéér verander in lig.  Jy sal wéér opstaan!"


Daar is *níks* in die hele wêreld wat die mág het om ons neerslagtig en mismoedig te hóú nie.  Géén mens het die mag om ons onder te *hóú* nie.  Dit is wel in *óns* mag om vir ons gedagtes en ons gevoelens te sê: "Tot híértoe.  Ek staan nou wéér op!  Níé alleen nie, maar met  JESUS in my!"


Ons *ís* in staat om wéér op te staan, omdat ons God se *éíe* Christusgees *binne-in* ons het!


Ons kan opstaan omdat God se *líéd van die léwe* deur ons are vloei.


Ons *KÁN* opstaan uit  ÉNIGIETS  wat ons probeer onder hou, ómdat  GÓD se KRAG deur Jésus Christus in élke *klop van ons hart* is.


Ons *KÁN* opstaan!!  En as ons dit nie *sélf* kan regkry nie, sal ons  liefdevolle Hémelse Vader ons sélf kom oplig.  Ons Christusgees styg vêr, vêr bokant die wolke uit.  Ons sweef op die *vlérke* van die *musikale klanke van ons gebede*, wat ons opstuur na ons Skepper, en ons hart sing *wéér*  lewensblye psalms vir Hom.


Gebed:  Ek staan *wéér* op, want my JESUS gee my *krág* en ek sweef *vrý* saam met die arende hóóg, bo in die lug!  Amen.


Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook



 


Thursday 24 August 2017

GOD SE BELOFTES









VRY








DIE GEHEIME PLEK







DIE  GEHEIME  PLEK


Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was.  -  1 Kor. 2:7


Díép binne-in ons hart is daar 'n *gehéíme plek* - 'n plek van vréde, van réínheid en ónvoorwaardelike liefde.  In hierdie geheime plek vind ons *ál* die krag, die tróós, *én* die wysheid wat ons  te énige tyd mag nodig hê.


Hierdie plek noem ons ons *díépste, innerlike toring van krag*, en ons gaan dit binne wanneer ons met Hóm wat daar woon, ons Here Jesus Christus, ons Skepperheer en Meester wil praat.


Ons *wéét*, binne-in die mens is daar 'n Kontakpunt met die koninkryk van God, en *híérdie kontakpunt* is CHRISTUS.  Hý is ons  REDDER en ons MIDDELAAR.  Om Hóm te vind, beteken om Gods Koninkryk te vind, om *déúr*  HOM  ál die  LIG,  LIEFDE en KRAG  te vind wat ons te énige oomblik mag nodig hê.


Dánkie-dánkie-dánkie Heer, vir *Ú* Heilige Gees, wat U in ons, u mensekind, geplaas het.  Dánkie kosbare Hemelse Vader, dat Ú die verborgenheid aan ons ópenbaar gemaak het - die geheim van 'n *gróótse* innerlike heiligdom , wat ons *énige tyd*, en op *énige plek* in gebed kan binnegaan, sonder om ons eers te moet afsonder.


Gee *Ú* vir ons die tyd, Heer, en die ruimte *én* die díépe verlange, om élke dag soveel kere as wat ons ookal mag verlang, híérdie verborgenheid wat Ú Heilige Gees Sy eie gemaak het, óók ons eie te maak en met *Ú* ons  grote Koning te kan gesels en ons gróótste vreugdes en díépste hartseer vrymoedig te kan deel met U.


Gebed:  Voor Ú Skepper Heer, word ek nou stil in gebed.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Jesus Soetse Soetste Naam / Facebook