Wednesday 23 August 2017

GENADE




GENÁDE


Waar liefde is, is daar geen vrees nie ...  Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.  -  1 Joh. 4:18, 19


Waar liefde, is daar geen vrees nie, sê die teks hierbo.  Wáárom?  Omdat, waar líéfde is, daar is genáde.  Dit is liefde in die hart van die mens wat hom genade laat betóón teenoor 'n ander wat hóm te na gekom het.  Hóéveel groter is die liefde van God dan net nie vir óns, sy mensekinders, nie - hoeveel gróter sy genade nie!!  En nóóit kan ons van híérdie wonderbare genade geskei word nie!


Hierdie gróótse genade, gegrond op Sý liefde, is daar vir *álmal*.  Dit hang net van *óns* af of ons dit gaan áánvaar of nie - ons hoef Hom maar net aan te roep, en Sý genade is daar vir ons.  Jesus het daarna verwys met die woorde: "Ek is die brood wat lewe gee.  Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie."  Ons hoef maar net te kom - *géén* dít  ÓF as dát nie - en Hy is dáár, vir áltyd en áltyd!


Héér van my hart, help my om nóóit die wónder van *Ú* genade en liefde te vergeet nie.  Élke dag, élke uur, *wíl* ek en *sál* ek van nou af wandel in U grote líéfde en genáde!


Gebed:  In *Ú* liefde en genade, dierbaarste Heer, wil ek van nóú af wandel van dag tot mooie dag. Hou U my vas en help my daarmee.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Jesus se Kaalvoetkind Bediening / Facebook


https://www.facebook.com/JesusSeKaalvoetkindBediening/photos/a.631957376827288.1073741832.628144530541906/1630193127003703/?type=3&theater




 


No comments: