Sunday 27 August 2017

LAAT LOS, LAAT GOD








LAAT  LOS,  LAAT  GOD
uit  Daelikse Woord


God wat alle genade gee ... sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.  -  1  Petr. 5:10


Vandag gaan ek 'n pakkie opmaak van álles wat my hinder.  Élke seer van die verlede, die geríngste gevoel van irritasie, álle kommer en sorge, swak gewoontes en álles wat *níé* van Ú is nie, plaas ek één-vir-één in hierdie pakkie.  Wanneer ek séker is dat daar *níks* meer is wat my hinder nie, gaan ek my diepste heiligdom - waar Jesus woon binne, met die pakkie in my hande.


Ek word rustig en stil in Sý teenwoordigheid.  In híérdie stil oomblike saam met die Heer van my hart, oorhandig ek die pakkie net so aan Hóm.  In Sy gróótse liefde en genade neem Hy dit en plaas dit op 'n rakkie van lig, waar dit onmiddelik omskep word in 'n strálende ligpakkie.  'n Hélder stralende pakkie waarvan Jesus se lig ook in en deur my skyn en my volkome verlos van *ÁLLES* wat ek daarin geplaas het.


Ek het  LAAT  LOS en  *GÓD* het oorgeneem!  Salig en verkwik, gesúíwer na gees, siel en liggaam, gaan ek weer *móédig* en *stérk* voort op my pad van lig, in staat om ook almal *óm* my se lewens te kan verlig deur *JÉSUS* se lig wat déúr my skyn.


Gebed:  Dánkie Vader God, dat *Ú* my in staat stel om te laat los, en dat U *álles* wat my bekommer uit my hande neem en op Ú neem.  In Jesus Heilige Naam.  Amen



Koningsdogters- en Seuns vir Jesus Bediening / Facebook



 





No comments: