Friday 10 March 2017

Hoor God se Stem







ELKE  DAG  ‘N  NUWE  BEGIN : Hoor GOD se STEM.
deur Nina Smit


As jy dit kan regkry om jouself elke dag óóp te stel vir GOD se stem, sal jy óntdek dat jou Bybel splínternuwe betékenis vir jou kry omdat jy God daaruit met jou *hóór* praat, dat jy in kléin, álledaagse dingetjies God *rááksien*, dat Hy vir jou krág vir jou besige dag gee en dat die vréde wat net Hý kan gee, jou dag én jou léwe hernu en mooi maak. Nadat jy *só* stil geword en na God geluister het, is dit vanselfsprekend dat jy op *jóú* beurt weer met GOD sal wíl praat – nou wil Hy weer graag na *jóú* luister!  Móénie langer wag om hierdie héérlike wisselwerking tussen mens en God jou *éíé* te maak nie!


Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: ‘Samuel, Samuel!’  En Samuel sê: ‘Praat, Here, u dienaar luister!’  -  1 Samuel 3:10


Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook






 





As jy eenkeer jou hart aan Jesus toevertrou het








Wednesday 8 March 2017

Meesterbouer








Gebruik jy vir God soos 'n noodwiel?







Gebruik jy vir God soos ‘n noodwiel?
deur Nina Smit


Lees:  Psalm 106


Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het en nie op sy leiding gewag nie.  Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie;  Hy het hulle smeekgebede verhoor ... in sy groot liefde was Hy genadig.  – Ps. 106:13, 44-45


Hierdie psalm vertel die geskiedenis van God se volk, hoe hulle van Hom af weggedwaal het in die goeie tye, maar weer na Hom teruggehardloop het wanneer die vyand hulle bedreig het.  Maar al was hulle so ontrou, het God aan hulle getrou gebly en was Hy altyd weer gewillig om hulle te verlos.


Is jy óók geneig om jou stiltetyd, jou gebedslewe, af te skeep wanneer dit goed gaan met jou?  Hardloop jy dan ook vinnig na God toe terug wanneer jy in die een of ander krisis beland?


Dit is verkeerd om vir God as ‘n noodwiel te gebruik, om Hom net “uit te haal” wanneer jy Hom nodig het.  Tog beloof die Bybel vir jou dat God elke keer bereid sal wees om na jou noodroep te luister.  Hy sal jou elke keer genadig wees omdat Hy jou liefhet.


Here, ek is jammer dat ek U baiekeer as ‘n noodwiel gebruik.  Dankie dat U altyd bereid is om te help wanneer ek U nodig het.


God is *áltyd* daar vir my, wanneer ek Hom nodig het!


God se Spierwit Klippies Twee / Facebook






Monday 6 March 2017

Vra vir die Heilige Gees







VRA  VIR  DIE  HEILIGE  GEES.
deur Nina Smit :  HERE, hoor U my?


Lees:  Lukas 11:5-13


As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra. - Lukas 11:13


GOD se gewilligheid om vir sy kinders dié dinge wat hulle vra te gee, staan sentraal in hierdie gelykenis.  Soos ‘n áárdse pa graag vir sy kinders goeie dinge gee, sóveel te meer sal ons hemelse VADER dit ook doen.  En die héél beste gawe wat ons van GOD kán kry, is die HEILIGE GEES.  ‘Ek sal die VADER vra, en Hy sal vir julle ‘n ander  VOORSPRAAK stuur om vir EWIG by julle te wees.’ belowe JESUS aan sy dissipels (Johannes 14:16).  Op die heel eerste Pinksterdag word JESUS se belofte dan ook bewaarheid met die uitstorting van die HEILIGE  GEES (Handelinge 2:1-4).


Die  HEILIGE GEES is ‘n  GÁWE van  GOD waarvoor  GEBID moet word, ook ná die eerste  PINKSTER.  Jy moet  PERSOONLIK  VRA  dat  GOD sy GEES in jou lewe sal GEE.  Alhoewel élke kind van GOD  RÉÉDS GOD se GEES in sy lewe het, behoort ons te bid vir ‘n  VÓLLER toerusting en ‘n VÓLLÉDIGER  oorgawe van onsself aan die  HEILIGE GEES (Johannes 16:13).


GOD wil GRÁÁG vir JOU sy HEILIGE GEES in ‘n VÓLLER MATE gee.  As jy die HEILIGE GEES van Hom bid, SÁL GOD sy GEES aan jou gee!


HEMELSE VADER, baie dankie vir al die GOEIE dinge wat Ú vir my GEE.  Ek bid dat U vir my u  HEILIGE GEES in my lewe sal gee op SÓ ‘n manier dat my HÉLE  LEWE  deur  HÓM bestuur sal word.  Amen.


Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook






 


Saturday 4 March 2017

Die Ewige Lewe







DIE  EWIGE  LEWE


En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.  -  Joh. 10:28


In die natuur is die gróótste misterie: LÉWE!  Dis die *één* ding wat die mens se vernuf en wysheid  NIÉ  kan ‘máák’ nie, al word daar ook *hóé* hard probeer.  Die wetenskap kan die magte van die natuur gebruik, maar  G*O*D  álléén kan  LÉWE gee!  JESUS  *ís* die lewe en HÝ is die  BRÓN van  ÁLLE lewe!


In die begin (Joh. 1:1) was Hy, van Hom kom alle lewe.  Jesus sê: “Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie” (Joh. 10:28).  Jesus het ons gekoop met Sy bloed toe ons nog sondaars was (1 Kor. 6:20).


Hoe kan ons die ewige lewe deelagtig word?  Dis ‘n genádegawe;  ons moet dit net in die gelóóf *áánneem*! Ons glo nie ‘iets’ nie, maar ‘n Persoon.  Ons glo  JESUS.  Nog méér, ons glo *ÍN* Jesus – ons neem Hom as ons PERSÓÓNLIKE Saligmaker aan.  Iemand het gesê: “Gelóóf is ‘n oortúíging wat ons tot ‘n dáád aanspoor.”  Dit sluit in ‘n *VÓLKÓME* vertroue in die  HERE.


Sal ons hiérdie wonderlike  GAWE dan nie neem en in dánkbare aanbidding voor  JESUS, ons Saligmaker en Verlosser, neerkniel en sag vir Hom fluister:  Here, neem híérdie dwaalkind van U en, bring my terug na my Vaderhuis, vergewe asseblief *ál* my sondes en was my hart silwerskoon met Ú kosbare bloed gestort vir my aan die kruis. Ek wil ‘n persóónlike verhouding met U hê van nou af. Dankie dat U opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die Hemel waar U ook nou vir mý, sondekind, plek berei en vir my intree by die VADER. Amen.



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook