Monday 6 March 2017

Vra vir die Heilige Gees







VRA  VIR  DIE  HEILIGE  GEES.
deur Nina Smit :  HERE, hoor U my?


Lees:  Lukas 11:5-13


As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra. - Lukas 11:13


GOD se gewilligheid om vir sy kinders dié dinge wat hulle vra te gee, staan sentraal in hierdie gelykenis.  Soos ‘n áárdse pa graag vir sy kinders goeie dinge gee, sóveel te meer sal ons hemelse VADER dit ook doen.  En die héél beste gawe wat ons van GOD kán kry, is die HEILIGE GEES.  ‘Ek sal die VADER vra, en Hy sal vir julle ‘n ander  VOORSPRAAK stuur om vir EWIG by julle te wees.’ belowe JESUS aan sy dissipels (Johannes 14:16).  Op die heel eerste Pinksterdag word JESUS se belofte dan ook bewaarheid met die uitstorting van die HEILIGE  GEES (Handelinge 2:1-4).


Die  HEILIGE GEES is ‘n  GÁWE van  GOD waarvoor  GEBID moet word, ook ná die eerste  PINKSTER.  Jy moet  PERSOONLIK  VRA  dat  GOD sy GEES in jou lewe sal GEE.  Alhoewel élke kind van GOD  RÉÉDS GOD se GEES in sy lewe het, behoort ons te bid vir ‘n  VÓLLER toerusting en ‘n VÓLLÉDIGER  oorgawe van onsself aan die  HEILIGE GEES (Johannes 16:13).


GOD wil GRÁÁG vir JOU sy HEILIGE GEES in ‘n VÓLLER MATE gee.  As jy die HEILIGE GEES van Hom bid, SÁL GOD sy GEES aan jou gee!


HEMELSE VADER, baie dankie vir al die GOEIE dinge wat Ú vir my GEE.  Ek bid dat U vir my u  HEILIGE GEES in my lewe sal gee op SÓ ‘n manier dat my HÉLE  LEWE  deur  HÓM bestuur sal word.  Amen.


Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook






 


No comments: