Wednesday 8 March 2017

Gebruik jy vir God soos 'n noodwiel?







Gebruik jy vir God soos ‘n noodwiel?
deur Nina Smit


Lees:  Psalm 106


Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het en nie op sy leiding gewag nie.  Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie;  Hy het hulle smeekgebede verhoor ... in sy groot liefde was Hy genadig.  – Ps. 106:13, 44-45


Hierdie psalm vertel die geskiedenis van God se volk, hoe hulle van Hom af weggedwaal het in die goeie tye, maar weer na Hom teruggehardloop het wanneer die vyand hulle bedreig het.  Maar al was hulle so ontrou, het God aan hulle getrou gebly en was Hy altyd weer gewillig om hulle te verlos.


Is jy óók geneig om jou stiltetyd, jou gebedslewe, af te skeep wanneer dit goed gaan met jou?  Hardloop jy dan ook vinnig na God toe terug wanneer jy in die een of ander krisis beland?


Dit is verkeerd om vir God as ‘n noodwiel te gebruik, om Hom net “uit te haal” wanneer jy Hom nodig het.  Tog beloof die Bybel vir jou dat God elke keer bereid sal wees om na jou noodroep te luister.  Hy sal jou elke keer genadig wees omdat Hy jou liefhet.


Here, ek is jammer dat ek U baiekeer as ‘n noodwiel gebruik.  Dankie dat U altyd bereid is om te help wanneer ek U nodig het.


God is *áltyd* daar vir my, wanneer ek Hom nodig het!


God se Spierwit Klippies Twee / Facebook






No comments: