Sunday 16 August 2015

Dierbaarste Heer van my Hart





Dierbaarste Heer van my hart,


In Jeremia 33:3 nooi U vir my uit:  “Roep My aan, Ek sal jou antwoord.”  Báie dankie kosbare Vader, dat  U áltyd maar áltyd na my gebede luister en hulle beantwoord op maniere wat góéd sal wees vir my, en vir die wete dat U nóóit iets wat sleg is vir my sal gee nie.

Hoe wonderlik die vertroosting wat U my bied, wanneer ek bang en verward is.  In U grootse liefde vou U my toe.  ‘n Diepe rus en vrede vloei my hart en gemoed binne, en ek besef opnuut hóé U na my omsien, elke oomblik van elke dag.

Die stil roering in my hart laat my opnuut ontwaak tot U heilige Teenwoordigheid in my, en ek wil nog meer van U weet, Heer – ek wil nog méér leer.

Ú verkwik my siel, en verhelder my denke in U lig.  Nuwe idees word geskep in my gedagtes, idees wat ek graag ‘n werklikheid wil maak in my lewe, en sáám met U Heer, weet ek, ek kan!

Maar ek wil híérdie vreugde van my siel óók met andere deel, Heer, sodat húlle ook kan síén en vóél hóé heerlik dit is om in Ú lig te handel en te wandel – élke dag!

Hoe méér ek U heilige roering díép in my siel ervaar, hóé meer wil ek U lóóf en prýs, kosbaarste Heer van mý hart!

In Jésus heilige Naam.


Amen



Uit Daelikse Woord – gedeeltelik aangepas

  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



No comments: