Sunday 18 October 2015

Sterf om te lewe








Sterf om te lewe


Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.  -  Galasiërs 2:19-20



Here Jesus,


Ek loof  U dat U bereid was om aan die kruis te sterf
sodat ek eendag vir altyd saam met U kan lewe. 
Dankie dat daar deur u wonde vir my genesing gekom het,
dat U gewillig was om die straf te dra
wat vir my vrede met God bewerkstellig het. 
Maar, Here, my eie ek is nog so springlewendig –
dit is vir my steeds nodig om aan myself te sterf,
om sáám met U gekruisig te word
sodat ek nie meer sal leef nie,
maar U in my sal lewe. 
Help my asseblief om dit reg te kry
en wys vir my watter dinge daar nog in my lewe oorgebly het
wat my verhinder om die ware lewe deelagtig te word.


Amen




Nina Smit :  Elke dag  ‘n vreugdepad



  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






No comments: