Saturday 17 October 2015

Vrede in my gemoed








Vréde in my gemoed


Die Gees wat ons ontvang het, is ... die Gees wat van God kom, en daardeur weet ons wat God ons uit genade geskenk het .  -  1 Kor 2:12.


As ons toelaat dat ons gedagtes vashaak aan een of ander probleem, raak ons gespanne en uit harmonie.  In ons poging om ons eie of ander mense se lewens te reël, kan ons vasgevang word in “as-net” gedagtes:  *As* omstandighede maar nét wil verander  ...  *As* alles maar net gebéúr soos beplan is .... *As* mense maar net wil doen wat óns wil hê hulle moet doen ... ensovoorts, ensovoorts.


Ons lewens *kán* egter hamonieus en rustig wees as ons gereeld ons diepste heiligdom van krag biddend nader, en vir Jésus Christus toelaat om *in* en *deur* ons te dínk en te dóén.  Sý diep innerlike vrede sal vrede bring ook in óns gemoed.


As énige probleem dus opduik, sal ons níé daaroor tob nie.  Ons sal ons ónmiddellik tot Hóm wend.  Ons sal ons harte óópmaak vir Sy líéfde, en vréde sal oorneem en ons gedágtes stil.


Gebed:  Dánkie dierbaarste Heer, vir  Ú vrede in my gemoed.  Nóú kan ek vólkome rustig raak, omdat ek wéét dat u in beheer van mý lewe is.




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~



  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: