Friday 16 October 2015

Genesende krag








Genesende Krag


In die heiligdom diép in ons harte, woon Christus, ons innerlike Bron van krag en genesing.   Elke keer wanneer ons hiérdie heiligdom in ons stille gebed binnegaan, neem HÝ ons hand, en álle vrees en frustrasie verdwyn in die helder stroom van Sy liéfde en krág.  Géén selfbejammering of selfveroordeling kan ons meer aftakel nie, want die suiwer, stralende lewe van die nuutopgestane CHRISTUS vloei in en deur ons hele wese.


SY lewe herstel en onderskraag ons.  Dit suiwer ons gedagtes, stil ons emosies en heel ons liggame.  Ons dankbaarheid is oneindig groot sonder en sonder grense.  Nooit sal ons weer twyfel aan hierdie inherente, suiwer lewe waarin ons bestaan nie.  Ons is ÉÉN met die opgestane CHRISTUS, vandag en vir ewig!


Vir onsself en ons geliefdes gebruik ons met oortuiging die volgende bevestiging:  Die lewe van die opgestane Christus vloei *in* en *deur* ons.  Na ligaam, siel en gees word ons weer geheel en sterk gemaak.


Gebed:  Die lewe van die opgestane Christus vloei in en deur my om wonderwerke te verrig in my liggaam.




Uit Daelikse Woord


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




1 comment:

شركة كشف تسربات المياه وعوازل الاسطح said...

Mr. Director of the Forum and Gentlemen, Dear Thank you all invite you to visit our website on the following link




شركة سواعد للخدمات المنزلية

https://www.youtube.com/watch?v=M08u20wHUKA&feature=youtu.be