Thursday 15 October 2015

Krag en sterkte








KRAG EN STERKTE



Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U.  -  1 Kron. 29:11


Ons lewe is vol en ryk, en daar is vrede in ons gemoed, as ons diép in ons hart weet wie en wat ons is, en wat ons verpligtinge is.  Maar wie en wat is ons nou eintlik?  Ons is geliéfde kinders van ‘n liefdevolle Hémelse Vader, wat in staat daartoe is om *in* Sý krag wenners te wees in wát ons ookal mag doen!


Hiérdie wete gee ons die moed om énige situasie kalm en rustig tegemoet te gaan. Sý lig, liefde en krag is álles wat ons nodig het om ‘n sukses te maak van ons lewe, en om ons toekomsplanne deur te voer.


Met ons Héér aan ons sy is geen uitdaging vir ons te veeleisend of te groot nie – géén toekomsdroom te onbereikbaar nie.  Hy is ons krág en ons stérkte, Hy is die *lig* op ons pad, die wýsheid wat ons die régte besluite op die régte tyd laat neem – vir wié sal ons bang wees?


“Vir die wonder van Ú nabyheid, Heer, vir die wonder van Ú Heilige Gees binne-in my, hoe kan ek U óóit genoeg dank?  Laat my *in* U lewe, Heer, en U gróte majesteit reflekteer soos ‘n spieël na my wêreld en almal om my.”


Gebed:  In Ú krag Heer, is ook ék, nietige mensie hier op aarde, ook ‘n wenner!


Uit Daelikse Woord aangepas


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

No comments: