Friday 2 January 2015

BEGIN VANDAG VAN VOORAF



Foto:  http://andrewchalmers.files.wordpress.com/2014/01/walk_away_by_iza87.jpg


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  -  2 Kor. 5:17


Om te dink – een tree is al wat nodig is op die hoofweg van die siel!  En is dit nie presies waarop ons almal is nie – elkeen wat hierdie boodskappie lees en elke dag in die lig wandel – ‘n reuseskare van Ligvriende, almal hand-aan-hand saam via Facebook, Blogger,  Wordpress, epos, Twitter, Pinterest & Mixit en talle ander groepe op die hoofweg van die siel!  Wat ‘n ongelooflike voorreg, wat ‘n besondere eer om so saam met ander vriende, wat ook vir Jesus lief is, te kan handel en wandel in die lig van ons Heer.  Hoe wonderlik om saam te kan droom oor die dag wanneer ons almal saam met Hom sal wees in die Hemel en persoonlik met hom sal kan gesels en sommer net naby hom te kan wees!

Maar die wonder hou nie hier op nie!  Hy het ons verseker van Sy grootse liefde vir ons, Sy broers en susters.  Hy het ons verseker dat ons nie alleen hierdie dag in die vroeë  nuwe jaar betree nie, maar dat Hy elke tree saam met ons gaan wees.  Hoe kan ons ooit genoeg dankie sê vir ‘n liefde so groot?  Dankie, dankie dierbaarste Vader!

Here, U is my leidsman, my raadgewer en beskermer, en werk in en deur my om die dinge wat verkeerd lyk, reg te maak.  In U lig,  U liefde en krag wandel ek elke dag hierdie jaar vol moed net een tree op ‘n keer, en  U goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe.


Gebed:  In  U lig Heer, wandel ek een tree op ‘n keer.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!

*Poppie Oosthuizen*

No comments: