Sunday 8 November 2015

My hart is oop †









My hart is oop


Dit verseker Ek julle:  vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.  -  Matt. 25:40


Vándag gaan ek met ‘n óóp hart tegemoet, en ek laat die liefde van my Heer waarvan my hart só vol is, vryelik in en deur my vloei om élkeen wat mý pad mag kruis, te seën en op te hef.  Niémand is té gering om deur hiérdie grootse liefde geseën te word nie, en ek sê dankie uit die diépte van my hart uit vir hiérdie geleentheid om op hierdie manier óók my Heer te dien.


Maak my oë oop Heer, sodat ek kan síén wanneer iemand ‘n deernisvolle vriend nodig het – maak my óre oop, sodat ek die lyding in die stem en die woorde kan hoor van élkeen vir wie die las van die lewe nét té veel geword het.


Met Ú liefde in my hart en Ú lig in my denke, wil ek vandag Ligbring-liefdesblommetjies uitdeel aan wié U ookal op mý pad mag bring, en ek sê *dankie-dankie-dankie* want ek wéét - *in* Ú *lig* sal ek insig en begrip bring, in Ú *liefde* sal ek vertroos, en in Ú *krag* sal ek ‘n ander kan help om óp te staan en wéér te loop.  Dánkie, dierbare Vader!


Gebed:  Gebruik my soos Ú wil Heer, my hart is wawyd oop!



Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: