Friday 6 November 2015

Berge en riviere








Berge en Riviere


‘n Paartjie begrawe hul kleuter seun wat in ‘n fratsongeluk omgekom het. ‘n Pa skryf dat hy weens personeel besnoeiing binnekort werkloos gaan wees terwyl sy vrou swanger is. ‘n Ma sit sonder kos, elektrisiteit of heenkome na haar man hul verlaat het. ‘n Ander vrou wil selfmoord pleeg want sy “kan eenvoudig nie meer nie”. My hart ween vir die lot van die mense.

Vic Eliason skryf die volgende. “My pa is C. Eliason. Hy het die koorgedeelte in 1929 geskryf. Hy was sterwend in ‘n hospital in Minneapolis weens TB toe ‘n ouerige predikant daar opdaag om vir hom te bid. Die volgende dag het my pa se toestand begin verbeter en die dokters het erken dat ‘n wonderwerk gebeur gebeur het. Terwyl hy beter geword het, het hy ‘n advertensie in die Minneapolis Star Tribune gesien van ‘n konstruksie maatskappy en hul slagspreuk. Hy het die woorde van die slagspreuk verander na die koortjie :-



Got any rivers you think are uncrossable?

Got any mountains you can't tunnel through?

God specializes in things thought impossible 

He does the things others cannot do.



My broer, suster , vriend in Jesus, ek wil jou vandag verseker van God se liefde. Die Here het belowe dat Hy ons nie alleen sal laat, dat Hy ons nie sal begewe of verlaat (Hebreërs 13:5) Hy sal met ons wees, tot aan die einde van ons dae. Beteken dit dat ons nie teëspoed sal ervaar nie? NEE, Jakobus gee egter raad in hierdie verband: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.” (Jakobus 1:2-7 ANV)
Kom ons bid: Hemelse Vader, verander ons hartseer in vreugde sodat ons kan staande bly te midde van verdrukking. Laat ons uitroep soos Habakuk “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” Ek bid dit in Jesus naam - Amen



Johan Terblanche
Christ Alone Ministries



No comments: