Wednesday 4 November 2015

Geloofspad









Geloofspad


U sal my die pad van die lewe bekend maak.  -  Ps 16:11 OV


Hóé báie kere het ons nie al gewonder wát vorentoe in ons lewens op ons wag nie!  Ontdekkingsreisigers deur die eeue heen het nie net aanhou wonder nie, hulle het tóégegee aan hulle begeerte om meer te wete te kom.  En só het hulle nie net nuwe onbekende wêrelde ontdek nie – hulle het ook rykdomme gevind wat hul wildste drome oortref het.


Óns weet óók nie wat vorentoe op ons pad vir ons wag nie, en híérdie onkunde waarmee ons élke nuwe dag begin, maak ook van óns ontdekkingsreisigers!  Maar gelukkig is ons nié alleen nie, en daarvan is ons séker, en moedig gaan ons die onbekende, wat elke dag ons bied, binne.  Vól vertroue kan ons gaan waar ons nog nooit vóórheen was nie, want ons Héér gaan met elke tree wat ons gee, saam met ons!


God het alrééds voorsien in álles wat ons nodig mag hê vir die dag se reis, dáárom loop ons die pad van geloof met ons hand stýfvás in Sýne.


Die lewe is ‘n wónder wat wag om ontdék te word!  Laat ons dus vándag met núwe ywer ons geloofspad aandurf!


Gebed:  Die pad van my lewe is ‘n gelóófspad wat helder verlig is deur Gód se heerlikheid.  Ek hóéf nie één oomblik te vrees nie, want Hý is élke tree van die pad bý my!



~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~






  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







No comments: