Tuesday 10 November 2015








Word wakker!


Jy sal dit sien en van vreugde straal.  -  Jes. 60:5


Hóé wonderlik is dit nie om in die oggend wakker te word met die besef dat énigiets moontlik is!  En hóé vol en ryk is my lewe nie as die besef weereens tot my deurdring dat ek ‘n gelíéfde kind van ‘n kosbare Hémelse Vader is, en dat Sý oorvloed daar is vir mý om te aanváár en vryelik te gebrúík soos ek dit nodig het.  ‘n Geskenk van ‘n liefdevolle Hemelvader!


Ek word wakker en verstóm my aan al die skóónheid wat daar om my is, om te geníét en te déél met andere rondom my.


Ek word wakker en luister na die melodieë van die lewe self om my – wind wat súís deur die blare, voëltjies wat vrólik tjirp en kinders wat uitgelátig lag, en ek sê dánkie vir álles só mooi en skoon om my.


Ek word wakker en ek kyk na pýn van gister – die pyn wat deur die nag maar nóg daar was ... Ek dráái dit toe in ‘n líg-papier, strík dit vas met my liéfde en sprinkel vánnag se traandruppels daaroor, en gee dit vertróúend oor aan die Héér van my hárt, want ek wéét Hý maak élke las *lig* en élke juk *sag*.


Ek word wakker tot die waarheid van my éwige bestaan in die *lig*, die *liefde* en *krag* van Gód onse Vader, en met ‘n liéd in my hart gaan ek die núwe dag tegemoet!


Gebed:  Ek word wakker én straal van *Jesus Vreugde*!




Daelikse Woord Aangepas


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







No comments: